KRUGERSDORP GEMEENTE is op 25 en 26 April 1896 in 'n skoolsaal op Krugersdorp gestig. Die lidmate van Hekpoort het in 1895 'n versoekskrif aan die kerkraad van die Gereformeerde Kerk op Rustenburg gestuur om as 'n selfstandige gemeente te mag afstig.
Die meeste lidmate van die Gereformeerde Kerk het in die omgewing van Hekpoort gewoon. Die Rustenburgse kerkraad het met die versoekskrif uit Hekpoort akkoord gegaan en besluit om dit aan die Algemene Vergadering voor te lê.
Die Algemene Vergadering het op 16 Maart 1896 te Heidelberg (Transvaal) byeengekom. Die versoekskrif is behandel en goedgekeur. Die Gereformeerde Gemeente moes op Krugersdorp gestig word.
Die Algemene Vergadering het verder besluit dat die predikante van Rustenburg en Potchefstroom saam met twee ouderlinge van elke gemeente 'n kommissie sou vorm om Hekpoort tot die Gereformeerde Kerk van Krugersdorp te stig.
Ds J de Ridder en ouderlinge HP Steyn en A Venter van Rustenburg, bygestaan deur ds JL Maury en ouderlinge JA Bezuidenhout en GA van der Walt van Potchefstroom, het saam met lidmate van Hekpoort op 25 en 26 April 1896 op Krugersdorp vergader.
Die Krugersdorpse Gereformeerde Gemeente sou uit die twee wyke Hekpoort en Hoëveld bestaan. Ds Ph S Snyman van Heidelberg was die eerste konsulent. Op die stigtingsvergadering is besluit "dat er viermaal des jaars volle diensten gehouden zullen worden". Dit beteken seker nagmaalsdienste. Die konsulent sou elke keer ongeveer £7 ontvang.
Die gebied van die nuwe gemeente het gestrek vanaf Krugersdorp, die Moot, Maanhaarrand (halfpad tussen Krugersdorp en Rustenburg), Randfontein tot Roodepoort. In 1902 is 'n wyk op Krugersdorp gestig.
In 1897 is DS M POSTMA (Dsn) van Middelburg (Transvaal) as predikant te Johannesburg bevestig. Hy sou ses keer in die jaar die dienste op Krugersdorp waarneem. Die gemeente het aanvanklik wyksdienste in woonhuise gehou. Tente van die Ned Geref Kerk is vir nagmaalsgeleenthede gebruik. Ander geboue is ook soms gebruik.
Die kerkraad het dit aan oudl S Potgieter opgedra om aansoek by die regering te doen om 'n skenking van grond vir die Gereformeerde Gemeente van Krugersdorp te kry. Die gevolg was dat erwe 15, 16, 17 en 136 in Distriksdorp (Krugersdorp Noord) en twee plase: "Vrye Gunst" in die distrik Piet Retief, en "Nooitgedacht" in die Rustenburgse bosveld van die regering ontvang is.
Die dorpsgrond is begrens deur Begin , Premier , Eerste en King George straat. Dit was 'n volle blok grond wat nie alleen vir 'n kerkgebou nodig was nie, maar ook ruimte moes gee waar die plaasmense hulle tente by die ossewaens kon opslaan. Veral met nagmaaltye sou die mense met ossewaens, perdekarre en perderuiters na die dorp kom. Vandag is die kerkgrond baie kleiner.
Die bou van 'n kerk het reeds in die gedagtes van die lidmate posgevat, en die boustyl van die Potchefstroomse Kerkgebou het hulle mooi en aan neemlik gevind. Op die kerkraadsvergadering van 11 Februarie 1899 is soos volg besluit: "De leeraar en kerkeraadsleden spreken echter hunne begeerte uit dat de gemeente mocht stemmen voor een kerkgebouw (zo) als het nieuwe kerkgebouw te Potchefstroom wat de eenvoudigheid en deftigheid betreft". Op 'n ander kerkraadsvergadering is besluit dat daar vyfhonderd (500) sitplekke moet wees.
Op die kerkraadsvergadering van 23 Desember 1898 is besluit om die een plaas te verkoop om geld vir die bou van 'n kerk te kry. Op die vergadering van 11 Februarie 1899 het die voorsitter 'n brief van ds Ph Snyman van Heidelberg voorgelees: "... behelzende het verblydend bericht dat Zijn Eerwaarde de plaats Vrye Gunst voor de som van £2900 (twee duisend negen honderd ponden) verkocht heeft en vragende kaart en transport daar de koop kontant is". Die vergadering het besluit om ds Ph Snyman hartlik te bedank vir "moeite en arbeid" in hierdie saak. Verder is besluit om die geld wanneer dit van ds Snyman ontvang is, vir een jaar in "de Nationale Bank te Krugersdorp zal gedeponeerd worden tegen een billijke rente".
Die kerkraad het ook besluit om die plaas Nooitgedacht, in die bosveld, te verkoop. Dit was 1400 morge groot. Op die vergadering van 31 Maart 1899 het die leraar gemeld "dat hy bericht van ds Ph Snyman heeft dat de plaats voor £3050 (drie duizend en vyftig ponden) verkocht is waarover de kerkeraad met dankzegging aan den Heere zich verblijdt". Die kerkraad het besluit om aan ds Snyman as 'n blyk van erkentlikheid 'n bedrag van £50 (vyftig ponden sterling) te skenk. Die plaas se geld moes in die Nationale Bank te Krugersdorp gedeponeer word.
Ds M Postma is in April 1897 op Krugersdorp verwelkom. Die kerkraadsnotules is in sy mooi en duidelike handskrif bewaar. Van hom staan die volgende geskrywe: "Ds Marthinus Postma was een van die merkwaardigste predikante wat die Evangelieboodskap aan die volk van Suid Afrika gebring het. Merkwaardig nie alleen omdat hy meer as vyftig jaar dienende was nie, maar veral merkwaardig weens sy beskeie en koersvaste persoonlikheid en edele karakter ...". Later meer oor hom.
Die kerkraadsvergadering van 11 Februarie 1899 het onder andere 'n verslag van afgevaardigdes na die Algemene Vergadering bespreek. Die volgende het die aandag geniet:
Drie nuwe gemeentes is gestig.
Die kerk brei uit na die noorde.
Om sending onder die Jode in Johannesburg geldelik te steun.
Die handhawing van tug veral in die geval van dans.
'n Kommissie moet saam met 'n kommissie uit die kerkraad van Potchefstroom na Makwassie gaan om daar 'n gemeente te stig.
Die notule van die kerkraadsvergadering van 16 Desember 1899 meld die volgende in artikel 2: "De leeraar spreekt een ernstig en gemoedelyk woord tot den Kerkraad er op wyzende dat de oorlog tusschen Engeland en de beide Republieken de Z.A. Republiek en den Oranje Vrijstaat in de maand October uitgebroken is. Door Gods genade mogen wij ons verheugen in verschillende overwinningen aan onze zijde ...".
Ds M Postma was ook vir meer as twee jaar 'n krygsgevangene en is later op parool vrygelaat. Hy het toe in Oos London onderwys gegee om sy gesin te versorg. Op die kerkraadsvergadering van 31 Julie 1902 was hy terug in die gemeente en het hy met groot dankbaarheid melding gemaak van die genade van die Vader in die Hemel.
Die notules van die kerkraadsvergadering van 11 Februarie 1899 en 31 Maart 1899 meld dat die twee plase wat aan Krugersdorp se Gereformeerde Gemeente behoort het, vir £2900 en £3050 verkoop is. Daar was derhalwe voldoende geld om die ideaal van 'n kerkgebou sonder skuld te verwesenlik. Daar word ook melding gemaak van aansoeke om finansiële hulp vir armes en hulpbehoewendes. Lidmate het gedurende die oorlog geld van die kerkraad geleen.
Die geld wat ds Ph Snyman toegewys is vir die verkoop van die twee plase, naamlik £50, is na sy dood aan tifuskoors op die oorlogsveld, aan sy weduwee uitbetaal.
Op die kerkraadsvergadering van 9 September 1899 doen die ouderlinge verslag van die getal lidmate in die gemeente, naamlik 212 lidmate en 482 siele, soos dit genoem is. Daar is ook dertig almanakke bestel. Die ouderlinge maak melding van drie skole met 128 leerlinge en gee ook die name van die onderwysers.
Die notule van 16 Desember 1899 meld dat die nagmaal van Oktober as gevolg van die oorlogstoestand uitgestel moes word. Dit is in Desember gehou, en daar word gemeld dat die ouderlinge hulle wyke soveel as moontlik besoek het. Probleme word gemeld en bespreek. Daar is egter ook op Hekpoort en Rietfontein nagmaal gevier.
Op die kerkraadsvergadering van 17 Februarie 1900 is o.a. besluit om tydens die April nagmaal ook "aanneming te houden" (belydenis van die geloof af te lê). Ds M Postma maak melding van die oorlogstoestande en gee besonderhede daaroor op die vergadering van die kerkraad van 30 Maart 1900. Hy praat oor die oorgawe van genl Cronjé en die afsterwe van genl PJ Joubert en oor die inname van Bloemfontein deur die Engelse.
Die notule meld verder: "De leeraar wyst er op dat deze beproevingen in de oorlog ons moeten verootmoedigen van onze zonden, maar dat wij des te vinniger en gelowiger tot God onzen Redder en Verlosser moeten roepen ... de Heere genadiglyk onze gebeden zal verhoren en op Zynen tyd en Zyne wyze ons volk verlossen ...".
Die gedagtes wat ds M Postma op die kerkraadsvergadering uitgespreek het, het blykbaar nie net tussen die vier mure van die gebou gebly nie. Dit het rugbaar geword en die dominee het 'n krygsgevangene geword en is twee jaar in Oos Londen aangehou. Dit was 'n moeilike tyd vir hom en sy gesin.
Ds D Postma van Rustenburg het af en toe die gemeente op Krugersdorp besoek en die kerksake behartig. Dit het hy in die dorp sowel as in die distrik en in die oorlogskampe getrou gedoen.
Op 27 Julie 1902 was ds M Postma weer terug in sy gemeente op Krugersdorp. Op die kerkraadsvergadering van 31 Julie 1902 het hy hartlike woorde van verwelkoming tot ds D Postma en die kerkraadslede uitgespreek "wyzende op die groote genade van den trouwen Verbonds God dat zy nog allen leefden na dezen vreeslyken oorlog ... en opwekkende tot innige dankbaarheid aan onzen genadigen Verbonds God ...".
Teenoor ds D Postma spreek hy 'n hartlike woord van dank "... voor zyne trouwe, ernstige prediking en groote opofferingen voor de gemeente van Krugersdorp". Dit was 'n genade beskikking van die Hemelse Vader dat ds D Postma in Krugersdorp kon gewerk het in die tyd van beproewing. Op hierdie vergadering is ook verslag gedoen omtrent die geldsake van die gemeente.
Dit is opmerklik dat in notules van die kerkraadsvergaderinge daar melding gemaak word dat die leraar verskillende artikels van die Dordtse Kerkorde voorgelees het. So staan daar by die vergadering van 11 Februarie 1899: "Door de Praeses (voorsitter) worden voorgelezen uit de Dordsche Kerkenorde artt 29 40". Geen kommentaar word dan verder daaromtrent gelewer nie. Tog was dit leiding en lering.
KERKBOU! Die kerkraad het onder die bekwame en energieke leiding van ds M Postma besluit om met die bou van die kerk en die pastorie 'n begin te maak, nieteenstaande die geldelike sake van die gemeente nie rooskleurig was nie. Daar was net £1530 in die bank.
Gedurende die Driejarige Oorlog (1899 1902) is daar talle aansoeke by die kerkraad aangemeld waar lidmate van die gemeente geldelike hulp gevra het. Die nood was werklik hoog, want baie mans het na die kommando's gegaan terwyl sommige as krygsgevangenes na Ceylon en ander plekke gestuur is. Aansoeke om hulp is ook uit die groot konsentrasiekamp op Krugersdorp ontvang.
Die kerkraad het verslae en dokumente omtrent die lenings op meer as een vergadering deeglik in oënskou geneem en daar is besluit om dit aan die betrokke persone en instansies te skenk.
Met die aanvang van die bouwerk was daar net £1530 in die bank beskikbaar. Die beraamde koste vir die bouwerk was £2200. Toe die geboue in 1903 voltooi is, het die boukoste egter op £5660 te staan gekom! Die redes vir die swak toedrag van sake is nie in besonderhede bekend nie. Tog was daar een en ander aanduiding van swak toesig by die bouery want o.a. is gemeld dat daar 28 000 (agt en twintig duisend) stene oortollig was toe die bouwerk klaar was.
Die gemeente moes met 'n groot geldelike las sukkel en dit is eers in die vroeë twintigerjare alles betaal. Die hoeksteen is op 16 Julie 1903 gelê en die kerkgebou is in Mei 1904 in gebruik geneem. Die 13e tot die 15e van daardie merkwaardige maand was vreugdevolle dae vir die Krugersdorpse gemeente. Daar was 'n groot aantal waens en tente op die kerkgrond wat twee maal so groot was as die huidige.
Daar was om tienuur die oggend 'n skare mense voor die kerkgebou. Verteenwoordigers en belangstellendes van ander kerke en die landdros het ook hulle opwagting by die ingang gemaak. Die voorsitter van die boukommissie, oudl JG Celliers, het die kerkdeur oopgesluit en daarna het die oudste ouderling, oudl. S Potgieter, die Statebybel op die kansel geplaas.
Nadat die aanwesiges die kerkgebou baie ordelik binnegegaan het, het ds M Postma na aanleiding van 1 Petrus 5:5 soos volg gepreek: "Zoo word gij ook zelven als levende steenen gebouwd tot een geestelyke huis", en die aanwesiges ernstig vermaan om lewende lede van Christus Jesus se gemeente te wees.
Op 'n gemeentevergadering is dié middag ds D Postma van Burgersdorp as leraar van die Krugersdorpse gemeente beroep. Hy is op 14 Januarie 1905 in die gemeente bevestig.
Tydens die ingebruikneming van die kerkgebou het mnr G Kinnear, 'n plaaslike handelaar, 'n doopbak aan die gemeente geskenk. In September 1905 is 'n orrel vir £50 van mnr J Botha gekoop.
Die kerkraad het op een van sy vergaderings besluit "... by elke geleentheid waar zij in hun functie optreden, zij dat in hun ambtsgewaad zullen doen ...".
http://www.gkkrugersdorp.co.za/geskiedenis.htm

0 Response to "GESKIEDENIS VAN DIE GEREFORMEERDE KERK KRUGERSDORP"