Subscribe to Zinmag Tribune
Subscribe to Zinmag Tribune
Subscribe to Zinmag Tribune by mail
Oom Paul
DA-oor-vingers-getik
Skoon-water
Die-burgermeester

Die-Jameson-inval

Die-Jameson-inval
Jameson

landroverlodge-nou-mogale-lodge

polities korekte naamsverandering wat nie sin maak nie
Landroverlodge nou Mogale lodge

Nero-speel-viool-maar-Rome-brand

Probleme weens wanbestuur
Percy-Stewart

Krugersdorp Stadsaal

Krugersdorp Stadsaal
Krugersdorp Stadsaal

Paardekraal Monument

Geskiedenis van die ontstaan van die Paardekraal Monument
Paardekraal Monument

DA oor vingers getik

In die Krugersdorp Nuus van 12 Desember 2008 verskyn 'n media verklaring van die Paardekraal Verkenners. In die verklaring maak die Paardekraal Verkenners ten sterkste beswaar teen die onwaarhede wat die DA in die vorige week se Krugersdorp Nuus geplaas het. Lees verder...

Paardekraal Verkenners

Besoek gerus die Paardekraal Verkenners deur hier te klik.

Skole nuus

Besigheid van die week

Die besigheid van die week.

Ben Viljoen - die vergete Boeregeneraal van Krugersdorp

11:12 AM Reporter: Verkenner 1 Response

'GOD EN DIE MAUSER'
Ben Viljoen - die vergete Boeregeneraal

deur M S Coghlan (Natalse Provinsiale Museumdiens)
Ben Viljoen se betrokkenheid by Newcastle tydens die Tweede Vryheidsoorlog was net vlugtig, maar sy naam het nou verbonde geraak aan die dorp, waarskynlik vanweë sy prominente politieke en militere loopbaan in die Zuid-Afrikaansche Republiek en sy latere prestasies in die Verenigde State en Mexiko. Gedurende die Boere se besetting van Newcastle (Oktober 1899 tot Mei 1900), is die dorp hernoem tot Viljoensdorp en die huidig wapenskild sluit die familiewapen van die Viljoen-familie in.
Viljoen se opwindende en uiteenlopende verhaal lees byna soos 'n Rider Haggard-avontuur. Sy betrokkenheid by die twee oorloë in twee verskillende werelde ewenaar die loopbane van roem-ryker kollegas soos Louis Botha en De Wet. Ten spyte hiervan, en 'n reisprogram wat Umtata, St Helena en Mexiko ingesluit het, is hy vandag relatief onbekend.
Viljoen is op 7 September 1869 in die distrik Wodehouse in die Kaapkolonie gebore en het grootgeword op die plaas Varkiesdraai, naby Umtata, in die teenswoordige Transkei, waar hy waarskynlik die veldkennis opgedoen het wat hom goed te pas gekom het tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Hy is in 1889 op Umtata met sy eerste vrou, Helena, getroud.
Nadat hy in 1890 na Johannesburg verhuis het, het Viljoen prominent geword in burgerlike sake en joernalistiek, maar sy vernaamste belangstelling het in militêre aangeleenthede gelê. In 1896 het hy die Krugersdorpse Vrywilligerskorps gestig (min of meer vergelykbaar met die Natalse vrywilligersregimente soos die Natal Carbineers) en het die stryd aangepak teen die Jameson-invallers (Desember 1895 tot Januarie 1896) en swart kapteinskappe. As die lid vir Krugersdorp in die Volksraad, het Viljoen president Kruger teengestaan en wou die Uitlandergeskil oplos. Toe die oorlog teen Engeland egter onvermydelik geword het, het hy by die konflik betrokke geraak met 'n entoesiasme en toewyding wat selde afgeneem het, en het hy sy geloof, soos hy dit gestel het, op 'God en die Mauser' gevestig.
As 'Vegtende Kommandant' van die Johannesburgse Kommando, het Viljoen sy manne, laat in September 1899, by Volksrust bymekaargeroep waar twee vrywilligereenhede, die Duitse- en Hollandse korpse hulle by hom aangesluit het. Op die aand van 11 Oktober het sy kommando die Natalse grens oorgesteek en laer getrek saam met die hoof Natalse invalskolonne by Schuinshoogte (Ingogo), die terrein van 'n Boere-oorwinning gedurende die Eerste Vryheidsoorlog van 1881.
Boerekommando's is tussen 14 en 17 Oktober deur Newcastle op pad na die Natalse front. Min inligting is beskikbaar oor die permanente besetting van die dorp, alhoewel dit gedien het as 'n kommissariaatsbasis (dit was voor die mobiele guerillafase van die oorlog en Boere-kolonnes is belemmer deur lomp rye voorradewaens soos in die Britse Leër). 'n Russiese Rooikruis ambulanskorps was vir 'n kort rukkie by die klooster gestasioneer (tans bekend as die St Dominic's Academy) en Boerevroue wat hul mans vergesel het, het skynbaar hul basis in Newcastle gemaak. Kommandant-generaal Piet Joubert, 'n veteraan van die 1881-seges in die gebied, het 'n vrederegter aangestel (ene mnr J Moodie), wapens gekonfiskeer, 'n aandklokreel ingestel en wette vir die administrasie van die dorp uitgevaardig







Read more...

Kapers ry dag lank met man rond

8:05 AM Reporter: Verkenner 0 Responses
Linda de Beer

Kapers het byna ’n dag lank met ’n Krugersdorpse man in Vryburg, Noordwes, rondgery terwyl hulle tussendeur geëet en gedrink het met die geld wat hulle van hom geroof het.

Mnr. Andries Graaff (37) is omstreeks 00:30 eergister by die huis in Krugersdorp gekaap, maar is eers omstreeks 14:00 bevry nadat ’n verkeersbeampte sy motor van die pad getrek het, het kapt. Charlize van der Linden, polisiewoordvoerder, gesê.

Graaff het ná werk by ’n kitskosonderneming tuis gekom toe twee mans hom oorrompel het terwyl hy die hek toegemaak het. Hy is met ’n vuurwapen gedwing om saam met hulle in sy blou Kia-motor weg te ry.

Volgens Van der Linden het die kapers ’n makker in Schweizer-Reneke opgelaai voordat hulle tot in Vryburg gery het. Hier het hulle van plek tot plek gery en gekuier. Graaff is glo naby een kuierplek in ’n kamer by ’n huis toegesluit.

“Die verdagtes het klaarblyklik iewers stry gekry. Net een van hulle het later met Graaff in die rigting van Ganyesa gery. ’n Verkeersbeampte wat opgemerk het iets is fout met die motor (die verdagtes het die ratkas erg beskadig) het hulle sowat 12 km buite Vryburg van die pad getrek,” het Van der Linden gesê.

Graaff het aan die verkeersbeampte vertel hy is ontvoer en die man by hom is gewapen. Die verdagte het toe uit die motor gespring en weggehardloop. Hy het die handwapen wat hy by hom gehad het langs die pad neergegooi. Die reeksnommer is afgevyl, het Van der Linden gesê.

Die verdagte wat in Schweizer-Reneke opgelaai is, is later eergister in die omgewing in hegtenis geneem. Die polisie is op die ander twee se spoor.

Read more...

Oranje Sakekamer Wesrand

10:56 PM Reporter: Verkenner 0 Responses


Die Oranje Sakekamer Wesrand is suksesvol gestig op Woensdag 4 Maart 2009.

Read more...

8:27 AM Reporter: Verkenner 0 Responses

Die Bob van Reenen stadion in Krugersdorp staan al vir die laaste drie jaar leeg. Die verskeie rugby, atletiek en fietsry klubs het in 2005 kennis ontvang om die stadion te ontruim, aangesien die stadsraad besluit het om die stadion aan Kaizer Chiefs te verkoop.

Nou, bykans vier jaar later, gebeur daar niks by die eens prag stadion nie. Met geen onderhoud in vier jaar, is die stadion ook in 'n haglike toestand.

Die ooreenkoms om die stadion op te gradeer vir die sokker klub, is reeds in 2003 gesluit en bouwerk sou in 2006 begin het sodat die stadion gereed kon wees vir die 2010 sokker.

In 'n brief wat Mnr Kobie Botha aan die Krugersdorp nuus gestuur het, beweer hy dat die konstruksie maatskappy Basil Read onttrek het. Verder word beweer dat die swart bemagtigings maatskappy wat betrokke is, Lefika Emerging Equity's, se hoof uitvoerende beampte met die geld die land uit gevlug het.

Die stadsraad hou vol dat die projek voortgaan. Koste wat eers op R690 miljoen gereken was, word nou gereken op R1 biljoen. Sonder hierdie fondse gaan hierdie projek, net soos meeste projekte van die stadsraad, nooit gebeur nie.

Read more...

Polisie reservis gearresteer

5:38 AM Reporter: Verkenner 0 Responses
Krugersdorp 'n 34 jarige polisie reservis van Krugersdorp is gearresteer op 10 aanklagtes van verkragting, 5 van aanranding en 3 van seksuele aanranding.

In die polisie selle het die man gepoog om selfmoord te pleeg en dit is as verskoning aangebied dat hy nog nie in die hof verskyn het nie.

Hy bevind hom tans onder bewaking in 'n hospitaal.

Die saak is uitgestel tot 27 Februarie 2009.

Die Paardekraal Verkenners het in 'n verklaring hulle skok te kenne gegee met die feit dat 'n polisie beampte wat veronderstel is om die publiek te beveilig, op soveel aanklagte te reg staan. Luidens die verklaring ag hulle die soort polisie beamptes as een van die redes dat misdaad hoogty vier in Krugersdorp.

Read more...

Oranje Sakekamer Wesrand

2:23 AM Reporter: Verkenner 0 Responses

Read more...

Swaardmoordenaar in hof op Krugersdorp

11:59 PM Reporter: Verkenner 0 Responses
Donderdag, 29 Januarie 2009
Digg!

Die beweerde swaardmoordenaar, Morne Harmse het Woensdag in die Krugersdorpse landdroshof verskyn. Die akte van beskuldiging is aan hom oorhandig, terwyl hy dit sonder emosie ontvang het.

Harmse, wat klaarblyklik 'n samoerai-swaard gehad het en 'n masker gedra het, staan daarvan beskuldig dat hy die 16-jarige Jacques Pestorius vermoor het by die Nic Diederichs Tegniese hoërskool op 18 Augustus 2008.

Hy het ook klaarblyklik 'n ander leerling en twee tuiniers gesteek en gewond. Harmse se saak gaan nou in die Johannesburgse Hooggeregshof verhoor word.

Harmse word aangekla van moord en poging tot moord.

Gedurende sy laaste hofverskyning in November verlede jaar het Dolph Jonker, prokureur vir die verdediging aan joernaliste gesê dat 'n borgaansoek vir Harmse laat vaar is, omdat dit nie sou slaag nie.

"Daar is nie baie hoop vir borg nie, maar miskien in die toekoms," het Jonker gesê.

Op daardie stadium was Harmse beskryf as dat hy in 'n goeie gemoed was, en dat hy "meer spraaksaam" was.

Voorheen het Harmse twee maande se sielkundige evaluasie ondergaan by Sterkfontein hospitaal, waarna hy geskik verklaar is op tereg te staan.


http://praag.co.za/content/view/4109/402/

Read more...

DA oor vingers getik

11:50 PM Reporter: Verkenner 0 Responses

In die Krugersdorp Nuus van 12 Desember 2008 verskyn 'n media verklaring van die Paardekraal Verkenners. In die verklaring maak die Paardekraal Verkenners ten sterkste beswaar teen die onwaarhede wat die DA in die vorige week se Krugersdorp Nuus geplaas het.

Die DA het in die koerant berig beweer dat twee van hulle lede die Bloedrivier 170 kakebeenwa begelei het en met die berig die persepsie geskep dat die aksie gereël is deur die DA.

In reaksie hierop het die Paardekraal Verkenners enige DA raadslid as persona non grata verklaar by Afrikaner kultuur dae gereël deur die Paardekraal Verkenners. Volgens die verklaring kan die DA nie met die waarheid vertrou word nie en gaan die Paardekraal Verkenners nie toelaat dat die Afrikaner se kultuurerfenis as goedkoop politiek gebruik word nie.

Read more...

Geloftefees by Paardekraal

11:49 PM Reporter: Verkenner 1 Response

Read more...

Moleste by Kroningspark

10:45 PM Reporter: Verkenner 0 Responses





Hettiën Strauss

Inwoners van Krugersdorp is goed die josie in ná twee “partytjies” by Kroningspark in Krugersdorp wat glo “alle munisipale regulasies” oortree het.

Saterdag se geleentheid om 12:00 in Kroningspark is deur die Gautengse departement van vervoer, paaie en openbare werke gehou om ’n “ondersteunersparkkultuur” vir sokkergeesdriftiges te skep met die oog op volgende jaar se Konfederasiebeker en 2010 se Wêreldbekersokker.

“Niemand is verhewe bo die reg nie,” sê Kobus de Beer, woordvoerder vir infrastruktuur en openbare veiligheid van die portefeuljekomitee van die Mogale City-munisipaliteit. Hy is ook raadslid van die Wes-Randse distriksmunisipaliteit wat jurisdiksie oor Mogale City het.

“Dit is onaanvaarbaar vir belastingbetalers wanneer hul privaatheid aangetas en rus verstoor word. Daar bestaan munisipale regulasies, maar dit word nie toegepas nie.

“Tydens die beach party van sowat drie weke gelede, moes mense toegangsgeld betaal. Toe het duisende mense oral óm die park hul eie partytjie in die strate en voor inwoners se huise gehou. Ons het inwonerklagtes op skrif wat sê hul opritte is as partytjieplekke gebruik en sommige kon nie eers by hul eie huise of erwe uit of in nie.

“Ander inwoners het skriftelik gekla omdat gebreekte bierbottels oor hul heinings gegooi is.

“Die klankstelsel was oorverdowend. Inwoners meen die munisipaliteit kan selfs vir rusverstoring aangekla word,” sê hy.

Kroningspark is Saterdag omskep in ’n ondersteunerspark waar ’n grootskermtelevisie opgerig is. Toegang was gratis en later die middag kon aanhangers ook na verskeie orkeste luister.

Jan Vermeulen van Monumentpark sê hy kon Saterdagaand sowat vyf blokke verder steeds die “doef-doef” van die musiekklanke hoor.

“As dít ’n voorsmakie is van wat dié ondersteunersparke vir ons gaan inhou, sien ek nag!”

Rdl. Dennis Pretorius, inwonerswoordvoerder, sê hoewel baie sake nog onaanvaarbaar is, het “dinge” Saterdag reeds met sowat 50% verbeter. Hy sê ná die beach party het inwoners ’n beswaarskrif opgestel en die munisipaliteit versoek om die reg sonder uitsondering toe te pas.

“Inwoners het onder meer kapsie gemaak teen die geraas, dronk mense op straat en dié aanhangers wat nie binne die perke van die munisipale wetgewing optree nie.”

Volgens hom het hulle verlede Vrydag reeds met belanghebbendes op alle regeringsvlakke in gesprek getree. “Die reaksie lyk bemoedigend.”

Bongani Gaeje, woordvoerder van Mogale City, sê Saterdag se byeenkoms in Kroningspark was ’n aanvoorprojek van die Gautengse regering in samewerking met Mogale City-munisipaliteit.

“Daar is drie verskillende plekke vir ondersteunersparke in Krugersdorp met die oog op 2010 geïdentifiseer.

“Dit is die parkeerterreine by Spar, die President Hyper en Bob van Reenen-stadion.

“Kroningspark is ’n openbare park wat aan almal van Mogale behoort. Daar is nie meer ruimte vir bekrompenheid nie,” het Bongani gesê.

Read more...

‘Ons dring nóú aan op skoon water,’ sê mense by spruit en sytak

10:27 AM Reporter: Verkenner 0 Responses




Elise Tempelhoff



Krugersdorp. – Hoewe-eienaars en sakelui wat woon langs die Tweelopiespruit en sy sytak, die Blaauwbankspruit, het gister hier by ’n vergadering by die regering aangedring op skoon water omdat hulle en hul werkers glo van die besoedeling siek word.

Verteenwoordigers van ’n groot bankgroep, wat anoniem wil bly, het gesê hulle (die bank) besit ’n “luukse kleinhoewe” langs die Blaauwbankspruit naby die Sterkfonteingrotte en dat hulle groot verliese weens die besoedelde water ly.

Hulle hou opleidingsessies by die kleinhoewe en is “geheel en al” afhanklik van die water in die besoedelde Blaauwbankspruit. Hulle probeer hul drinkwater suiwer, maar kry nie al die besoedelstowwe daaruit verwyder nie.

“Daar is daagliks mense wat hier siek word. Ons dring nóú aan op skoon water,” het een verteenwoordiger van die groep aan mnr. Marius Keet, adjunk-direkteur van watergehalte by die departement van waterwese en bosbou, gesê.

Keet het aan hom gesê geen rivierwater in Suid-Afrika is drinkbaar nie. “Inteendeel, geen rivierwater in die wêreld kan gedrink word nie,” het Keet gesê.

Die bankverteenwoordiger het gesê hy het swere gekry nadat sy arm en hand met die water in die Blaauwbankspruit in aanraking was. Sy mediese koste het glo “duisende rande” beloop.

Me. Bobby Bain, wat naby die Sterkfonteingrotte woon en van die Blaauwbankspruit vir water afhanklik is, het gesê sy, haar gesin en werkers is gedurig siek.

Volgens Keet is daar ’n groot veldtog aan die gang om mense in dié opvangsgebied van die Krokodilrivier-gebied teen die besoedelde water te waarsku. (Dit sluit onder meer die Tweelopie-, Riet- en Blaauwbankspruit in).

Bain het voorts gesê sy het onlangs eers gehoor die water in die riviere in die omgewing is met myn-, riool- en nywerheids-afval besoedel. Sy en haar gesin het ’n waterfilter, maar selfs dít kan nie die besoedelstowwe uithaal nie. Haar werkers is ook gedurig siek.

Mnr. Jaco Schoeman, voorsitter van die WitwatersWestern Basin Environmental Corpora-tion (WBEC) het by die vergadering gesê dié maatskappy wat in ’n vennootskap met Harmony Gold is, laat tans omgewingsimpakstudies doen vir die oprig van ’n aanleg wat suur mynwater gaan suiwer.

Sowat 15 megaliter suur mynwater borrel tans in die opvangsgebied van die Tweelopiespruit sowat 100 m suidoos van die Krugersdorpwildtuin uit.

Die WBEC voeg daagliks 15 t kalk by die water (om die suurgehalte te verbeter) en laat dit dan in die omgewing vry.

Die WBEC gaan binne twee jaar daagliks 75 megaliter suur mynwater uit die hele Witwatersrand (die westelike, sentrale en oostelike kom) pomp en gedeeltelik suiwer. Die plan is om dié “halfgesuiwerde” water dan sowat 200 km noordwes te pomp sodat die platinummyne in Rustenburg dit kan gebruik.

Read more...

Swaardseun vra nie borg

3:05 AM Reporter: Verkenner 0 Responses



Amanda Roestoff
Die vooruitsig dat 'n aansoek om borgtog nie suksesvol sou wees nie is die rede waarom die vermeende swaardmoordenaar, Morné Harmse (18), ná konsultasie met sy regsverteenwoordiger die aansoek van die hand gewys het.

Só het mnr. Dolph Jonker, Harmse se prokureur, na sy verskyning voor landdros Keith Page in die streekhof op die dorp gesê.

Harmse, wat daarvan beskuldig word dat hy Jacques Pretorius (16) op 18 Augustus by die HTS Nic Diederichs met 'n swaard doodgekap het, bly steeds in aanhouding.

Me. Micky Tessner, staatsaanklaer, het versoek dat die saak na die Direkteur van Openbare Vervolging (DOV) verwys moet word om te beslis of die Harmse in die streekhof op die dorp en of in die Johannesburgse Hooggeregshof verhoor sal word.

Die hof het op 24 Oktober beslis Harmse ly aan geen geestesiekte of intellektuele gebrek nie.

Harmse staan benewens die aanklagte van moord op Pretorius, ook tereg op drie ander aanklagte van poging tot moord, nadat hy glo Stephan Bouwer (18), 'n gr.11-leerling, op die kop gekap en mnre. Joseph Kodisang (26) en Sam Namamela (43) wat Morné se aanval wou afweer, onderskeidelik op die oor en wang en op die arm gekap het.

Harmse het op die dag van die aanval 'n masker van die heavy metal-groep Slipknot in sy skoolsak skool toe gevat.

Hy het dit glo voor die aanvalle opgesit.

Mev. Adel Pretorius (34), ma van die vermoorde seun, het gister in die voorste ry van die hof langs vyf ander familielede gesit. Sy het deurentyd met haar hand onder haar ken voor haar uitgestaar.

Mnr. Machiel en mev. Liza Harmse, die beskuldigde se ouers, het 'n in die bank agter die Pretorius-familie gesit.

Landdros Page het die saak tot 28 Januarie 2008 uitgestel.

Read more...

Dis die seisoen van moord en roof

5:03 AM Reporter: Verkenner 0 Responses
Inwoners van Krugersdorp word vermaan om kennis te neem dat die "feesseisoen" blykbaar vroeg aangebreek het vir die rampokkers. Dit is wel bekend dat die rampokkers hulle bedreiwighede verhoog tydens die feesseisoen en hierdie jaar het dit reeds begin.

Op Maandag oggend 3 November 2008 het 'n bende rampokkers die Clearwater winkelsentrum in Roodepoort gewapen binnegestorm en drie juwelierswinkels beroof.

Op die N1 snelweg is ook gepoog om 'n kontant in transito voertuig te beroof. Hierdie rampokkers was egter onsuksesvol.

Ons kan maar verwag dat hierdie "misdaad" sal oorspoel na die woongebiede en dus is dit in u eie belang om paraad te wees.

Read more...

Met klippe oor die kop

11:16 PM Reporter: Verkenner 0 Responses
Amanda Roestoff

Krugersdorp. – Die seun van ’n bekende melkboer in Sterkfontein, buite dié dorp, is eergisteraand deur ’n bende gewapende rowers met ’n klip oor die kop platgeslaan en toe doodgeskiet.

Mnr. Loffie van der Gryp (48), seun van mnr. Piet van der Gryp, bekende suiwelprodusent aan die Wes-Rand, is omstreeks 23:00 vermoor.

Dit nadat 12 gewapende rowers op Sterkfontein-melkery, die familieboerdery reg langs die Greensleeves-restaurant op die R563-roete na Hekpoort en Meropeng, toegeslaan het.

Van der Gryp jr. was dié melkery se bestuurder.

Mev. Salomé Henning (35), die oorledene se skoonsuster, sê haar swaer het elke aand sowat 150 m van die hoofhuis na die melkery gestap om die yskaste na te gaan.

Rowers het vermoedelik uit die bosse op hom toegesak en hom buite die melkery se kantoor oorval.

Hy is vasgebind en glo met vuurwapens en klippe oor die kop geslaan in die rowers se poging om toegang tot die kluis te kry.

Van der Gryp jr. se vrou, Linda (46), sy seuns, Bennett (23) en Roelof (21), en sy dogter, Leandré (17), ’n gr. 10-leerling aan die Hoërskool Monument op Krugersdorp, is in die huis oorval. Mev. Van der Gryp is volgens haar suster “kalm gedwing om aan te trek” en moes met ’n vuurwapen teen haar kop die rowers na haar kinders se slaapkamers vergesel. Almal is met skoenveters en drade vasgebind. Komberse is oor hul koppe gegooi.

Past. Boer Booysen (65) van die AGS-gemeente in Krugersdorp-Wes wat in een van die drie huise op die perseel woon, het ná 22:30 ná ’n vergadering by die huis opgedaag en onraad vermoed toe hy ’n lig in die kantoor sien brand het.

Booysen het met sy vuurwapen en ’n flits gaan ondersoek instel.

Hy het ’n hand by die kantoor sien uitsteek. Toe word daar op hom geskiet.

“Ek het gevoel hoe dit (die koeël) soos ’n kam deur my hare vleg en by my oor verby fluit!”

’n Oor-en-weer-skietery het uitgebreek. Dis toe dat die rowers Van der Gryp jr. glo met ’n klip oor die kop platgeslaan en hom in die bors geskiet het voordat hulle gevlug het.

Booysen se seun, Jaco (43), wat in die derde huis op die perseel woon, het van die skote na buite gestorm. Hy het sy pa langs die pad na die Van der Gryp-huis gekry en hulle is saam na dié huis.

Die pastoor het die huis binnegestap en na die huismense geroep. Niemand het geantwoord nie. Toe hy uitstap, klap ’n haelgeweerskoot soos wat die rowers uit die huis vlug en word hy in die linkerbobeen getref.

Die gesinslede kon hulle intussen loswikkel.

Roelof het op sy pa se lyk “wat nog warm was”, buite die melkery afgekom. Hy is vermoedelik op slag dood van die skoot.

Sowat 21 koeëlgate is later oral in mure en vensters gevind. Die rowers, wat ook een van die gesin se honde doodgeslaan het, kon net R300 en vyf selfone buit.

Enkele dae voordat Van der Gryp jr. vermoor is, is mnr. Pieter de Villiers op sy 62ste verjaardag deur rowers gewond.

De Villiers is Sondagaand in sy regterbobeen en -hand geskiet toe rowers op sy vrou, Annie, sy buurman, Kenny, en dié se vrou, Arlene, toegeslaan het terwyl hulle de Villiers se verjaardag gevier het.

De Villiers se seun, Dawie (32), sê tussen vyf en agt rowers het Sondagaand omstreeks 20:00 oor die lae heining van hul kleinhoewe in die Sterkfontein-landbouhoewe-gebied gespring. Die huismense het onraad vermoed toe die hond geblaf het. Net daarna het die rowers toegeslaan en sy pa uit die huis gepluk en met ’n 9 mm-pistool in die been geskiet.

“Hy moes probeer keer, want twee van sy vingers is ook getref.”

Die rowers het die ander drie mense ook met pistole en die agterkant van ’n panga aangerand voordat hulle met die buurvrou se geld in haar handsak, sy pa se Nissan 1400-bakkie en ’n DVD-speler vort is. Die buurman het ’n sny aan sy kop opgedoen. Mev. de Villiers en haar man sterk albei in die Netcare Krugersdorp- private hospitaal aan. Mev. de Villiers se kopwond is met steke geheg en ’n staalpen moes in haar man se been ingeplant word.

Die geroofde bakkie is Maandag verlate in Tarlton gevind.

Read more...

’n Boer sukkel met ’n plan

10:43 PM Reporter: Verkenner 0 Responses
Marié Pieterse
“Tarlton is grensloos en draadloos. Ons het nie eens meer wrakke op die plase oor nie.”
So sê een van die moedelose boere, Neels Bouwer (49), oor die gebied wat deur die DA se woordvoerder vir veiligheid en sekuriteit, LP Diane Kohler Barnard, as die “Wilde Weste” bestempel word.
“Die misdadigers teiken die boeregemeenskap en dit wil voorkom asof hulle ongestraf bly,” sê Diane.
Vyftien boere van Tarlton het onlangs vergader en aan Wes-Beeld die omvang van hul skade verduidelik.
Dis veral die herhaalde diefstal van alle metaalprodukte – van hangdrade (droppers) en besproeiingswerktuie soos dompelpompe, boorgatpype, spilpunt-onderdele – tot koperkrane en kopergewigstukkies in die plastieksproeierkoppe wat dit vir hulle onmoontlik maak om hul groente en blomme te besproei.
Blomboer Hans van Aalst (45) sê die stutpale word onder sy blomme uitgesteel en dit vernietig sy blomoes.
Behalwe vir groente en vee word diesel uit die trekkers se brandstoftenks gesteel en sweis van die boere nou al hulle batterye aan die trekkers vas.
By Antonio Fernandes (68) is daar vroeër vandeesmaand twee nagte na mekaar twee besproeiingspompe ter waarde van R200 000 gesteel.
Volgens die boere word een sektorpolisievoertuig ingespan om die hele gebied te bedien en het Tarlton slegs ’n satelliet-polisiekantoor met beperkte ure.
Diane sê die DA beskou die toestand in ’n ernstige lig en die opskorting van die kommandostelsel het ’n vakuum gelaat wat nie deur die SAPD gevul is nie.
Die party vra dat ’n gespesialiseerde plattelandse veiligheidsafdeling onder die polisie gevestig word om te help om die probleem op te los en te verhoed dat die toestand verder agteruitgaan.
Amanda de Lange, voorsitter van die Krugersdorpse gemeenskapspolisiëringsforum, sê dit sou ideaal wees om so ’n veiligheidsafdeling te hê, maar ’n gebrek aan mannekrag maak dit onrealisties.
“Ons patrolleer met perde en voertuie, maar die Tarlton-polisiekantoor moet weer ’n volledige polisiekantoor word.”
Die polisiewoordvoerder van die Krugersdorpse polisiekantoor, kapt. Jacob Raboroko, sê hul kantoor het tien sektore en ’n sektorpolisiëringsvoertuig vir elke sektor.
Hy sê die polisie is saam met die provinsie aktief besig om elke dag padblokkades te hou om misdaad te bekamp. “ ’n Spesiale taakspan wat fleksietyd werk word ingespan om te help.”
Oor die bewering van die DA dat polisielede verdink word van kriminele aktiwiteite het hy gesê die polisie is nie daarvan bewus nie en as daar iemand is met sulke inligting moet hulle dit aan die polisie openbaar.

Read more...

video

My Blog List