Subscribe to Zinmag Tribune
Subscribe to Zinmag Tribune
Subscribe to Zinmag Tribune by mail
Oom Paul
DA-oor-vingers-getik
Skoon-water
Die-burgermeester

Die-Jameson-inval

Die-Jameson-inval
Jameson

landroverlodge-nou-mogale-lodge

polities korekte naamsverandering wat nie sin maak nie
Landroverlodge nou Mogale lodge

Nero-speel-viool-maar-Rome-brand

Probleme weens wanbestuur
Percy-Stewart

Krugersdorp Stadsaal

Krugersdorp Stadsaal
Krugersdorp Stadsaal

Paardekraal Monument

Geskiedenis van die ontstaan van die Paardekraal Monument
Paardekraal Monument

DA oor vingers getik

In die Krugersdorp Nuus van 12 Desember 2008 verskyn 'n media verklaring van die Paardekraal Verkenners. In die verklaring maak die Paardekraal Verkenners ten sterkste beswaar teen die onwaarhede wat die DA in die vorige week se Krugersdorp Nuus geplaas het. Lees verder...

Paardekraal Verkenners

Besoek gerus die Paardekraal Verkenners deur hier te klik.

Skole nuus

Besigheid van die week

Die besigheid van die week.

Die ontstaan van Krugersdorp

4:45 AM Reporter: Verkenner 0 Responses
Krugersdorp het sy ontstaan te danke aan die ontdekking van goud aan die Wesrand en die proklamering van openbare delwerye op die plase Paardekraal, Vogelstruisfontein, Luipaardsvlei, Witpoortjie, Klipplaat, Heuningklip en Wilgespruit in 1886/1887. Hierdie delwerye het onder die jurisdiksie van Mynkommissaris Robert Gerrit Ockerse geval en met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog het hy oor sowat vyftig myne en delwerye toesig gehou. Die instroming van mense na die delwerye het die behoefte aan 'n dorp in die omgewing laat ontstaan. Die regering het 'n gedeelte van —Vaal Martiens“ Pretorius se plaas gekoop vir die vestiging van 'n dorp wat op sy versoek na Paul Kruger vernoem is. Die eerste 200 standplase was op 'n publieke veiling op 31 Oktober 1887 —verkoop“ onder die 99 jaar huurpagstelsel teen standlisensiegeld wat gewissel het tussen tien en vyftien sjielings 'n maand. Die dorp het slegs die omliggende goudvelde bedien. Die inwoners van die omliggende plase het vir administratiewe, militêre en regsdoeleindes in die distrikte Pretoria, Potchefstroom, Rustenburg en Heidelberg geval. Voortvloeiend uit die totstandkoming van die—distriksdorp“ in 1894, is die vestiging van
afsonderlike regeringskantore in Krugersdorp om die amptenare van die nuwe dorp te huisves. Krugersdorp is eers ná die Anglo-Boereoorlog, met die totstandkoming van die munisipaliteit, tot 'n eenheid saamgesnoer.Die oorspronklike dorpsuitleg van sowel die standplaasdorp as die distriksdorp het geen voorsiening gemaak vir die vestiging van swart mense in Krugersdorp nie. Wetgewing het ook geen duidelike riglyne gegee oor swart mense se toegang tot blanke woongebiede nie. Diegene wat hulle wel in die dorp bevind het, was daar as inwonende huisbediendes. Die meerderheid swart mense was mans wat op die delwerye in die myne gewerk het,en waar hulle in kampongs gehuisves was. Baie van hulle moes vir hulle self sorg sodat 'n swart nedersetting geleidelik op die suidwestelike periferie van die blanke dorp ontwikkel het. Die vestigingspatroon hiervan was baie onordelik.
Streng gesproke was die inwoners van die nedersetting plakkers. Die regering van die dag en die gesondheidskomitee het weinig aandag gegee aan die vestiging van die swart mense. Die nedersetting is eers in 1905 as 'n —lokasie“ geproklameer. Die eerste Indiërs het hulle in ongeveer 1897 permanent in Krugersdorp kom vestig. Die dorpsuitleg het geen voorsiening gemaak vir 'n afsonderlike woongebied vir die Indiërs nie en die blankes het hulle nie in die blanke woongebiede toegelaat nie. Die ontwikkeling van 'n Indiërwoongebied tussen die swart nedersetting en Burgershoop, is sprekend van die Indiër se denkwyse om sy besigheid naby sy klandisie te vestig. As sakemanne kon die Indiërs nie kompeteer met die blanke nie, daarom dat hulle op die armblanke en die swart mense as klandisie gefokus het. Die regering het reeds in 1896 besluit om Burgershoop steenmakerye te
ontwikkel as 'n heenkome vir —armeboeren“. Daar was dus 'n aansienlike konsentrasie armblankes in Burgershoop Krugersdorp het vanaf sy ontstaan 'n baie kosmopolitiese samestelling gehad as gevolg van
die instroming van mense uit alle uithoeke van die wêreld na die delwerye. Die spontane verdeling van die gemeenskap in sosiale klasse was veral opmerklik in die sosiale verkeer van die gemeenskap. Dit was die sogenaamde buitelanders wat op ekonomiese gebied 'n leidende rol gespeel het en as sosiale leiers die sosiaal-kulturele grondslag van Krugersdorp gelê het. Die meerderheid van die inwoners was egter van ' bestaansekonomie, hetsy as delwer, waterkardrywer, steenmaker of groentekweker, afhanklik. Werksgeleenthede was skaars en armoede onder blankes en swart mense was algemeen. Krugersdorp was met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog die enigste dorp aan die Wesrand.

Janetta du Plooy, PhD (1999) Potchefstroomse
Universiteit vir CHO,




Read more...

GESKIEDENIS VAN DIE GEREFORMEERDE KERK KRUGERSDORP

7:09 AM Reporter: Verkenner 0 Responses
KRUGERSDORP GEMEENTE is op 25 en 26 April 1896 in 'n skoolsaal op Krugersdorp gestig. Die lidmate van Hekpoort het in 1895 'n versoekskrif aan die kerkraad van die Gereformeerde Kerk op Rustenburg gestuur om as 'n selfstandige gemeente te mag afstig.

Die meeste lidmate van die Gereformeerde Kerk het in die omgewing van Hekpoort gewoon. Die Rustenburgse kerkraad het met die versoekskrif uit Hekpoort akkoord gegaan en besluit om dit aan die Algemene Vergadering voor te lê.

Die Algemene Vergadering het op 16 Maart 1896 te Heidelberg (Transvaal) byeengekom. Die versoekskrif is behandel en goedgekeur. Die Gereformeerde Gemeente moes op Krugersdorp gestig word.

Die Algemene Vergadering het verder besluit dat die predikante van Rustenburg en Potchefstroom saam met twee ouderlinge van elke gemeente 'n kommissie sou vorm om Hekpoort tot die Gereformeerde Kerk van Krugersdorp te stig.

Ds J de Ridder en ouderlinge HP Steyn en A Venter van Rustenburg, bygestaan deur ds JL Maury en ouderlinge JA Bezuidenhout en GA van der Walt van Potchefstroom, het saam met lidmate van Hekpoort op 25 en 26 April 1896 op Krugersdorp vergader.

Die Krugersdorpse Gereformeerde Gemeente sou uit die twee wyke Hekpoort en Hoëveld bestaan. Ds Ph S Snyman van Heidelberg was die eerste konsulent. Op die stigtingsvergadering is besluit "dat er viermaal des jaars volle diensten gehouden zullen worden". Dit beteken seker nagmaalsdienste. Die konsulent sou elke keer ongeveer £7 ontvang.

Die gebied van die nuwe gemeente het gestrek vanaf Krugersdorp, die Moot, Maanhaarrand (halfpad tussen Krugersdorp en Rustenburg), Randfontein tot Roodepoort. In 1902 is 'n wyk op Krugersdorp gestig.

In 1897 is DS M POSTMA (Dsn) van Middelburg (Transvaal) as predikant te Johannesburg bevestig. Hy sou ses keer in die jaar die dienste op Krugersdorp waarneem. Die gemeente het aanvanklik wyksdienste in woonhuise gehou. Tente van die Ned Geref Kerk is vir nagmaalsgeleenthede gebruik. Ander geboue is ook soms gebruik.

Die kerkraad het dit aan oudl S Potgieter opgedra om aansoek by die regering te doen om 'n skenking van grond vir die Gereformeerde Gemeente van Krugersdorp te kry. Die gevolg was dat erwe 15, 16, 17 en 136 in Distriksdorp (Krugersdorp Noord) en twee plase: "Vrye Gunst" in die distrik Piet Retief, en "Nooitgedacht" in die Rustenburgse bosveld van die regering ontvang is.

Die dorpsgrond is begrens deur Begin , Premier , Eerste en King George straat. Dit was 'n volle blok grond wat nie alleen vir 'n kerkgebou nodig was nie, maar ook ruimte moes gee waar die plaasmense hulle tente by die ossewaens kon opslaan. Veral met nagmaaltye sou die mense met ossewaens, perdekarre en perderuiters na die dorp kom. Vandag is die kerkgrond baie kleiner.

Die bou van 'n kerk het reeds in die gedagtes van die lidmate posgevat, en die boustyl van die Potchefstroomse Kerkgebou het hulle mooi en aan neemlik gevind. Op die kerkraadsvergadering van 11 Februarie 1899 is soos volg besluit: "De leeraar en kerkeraadsleden spreken echter hunne begeerte uit dat de gemeente mocht stemmen voor een kerkgebouw (zo) als het nieuwe kerkgebouw te Potchefstroom wat de eenvoudigheid en deftigheid betreft". Op 'n ander kerkraadsvergadering is besluit dat daar vyfhonderd (500) sitplekke moet wees.

Op die kerkraadsvergadering van 23 Desember 1898 is besluit om die een plaas te verkoop om geld vir die bou van 'n kerk te kry. Op die vergadering van 11 Februarie 1899 het die voorsitter 'n brief van ds Ph Snyman van Heidelberg voorgelees: "... behelzende het verblydend bericht dat Zijn Eerwaarde de plaats Vrye Gunst voor de som van £2900 (twee duisend negen honderd ponden) verkocht heeft en vragende kaart en transport daar de koop kontant is". Die vergadering het besluit om ds Ph Snyman hartlik te bedank vir "moeite en arbeid" in hierdie saak. Verder is besluit om die geld wanneer dit van ds Snyman ontvang is, vir een jaar in "de Nationale Bank te Krugersdorp zal gedeponeerd worden tegen een billijke rente".

Die kerkraad het ook besluit om die plaas Nooitgedacht, in die bosveld, te verkoop. Dit was 1400 morge groot. Op die vergadering van 31 Maart 1899 het die leraar gemeld "dat hy bericht van ds Ph Snyman heeft dat de plaats voor £3050 (drie duizend en vyftig ponden) verkocht is waarover de kerkeraad met dankzegging aan den Heere zich verblijdt". Die kerkraad het besluit om aan ds Snyman as 'n blyk van erkentlikheid 'n bedrag van £50 (vyftig ponden sterling) te skenk. Die plaas se geld moes in die Nationale Bank te Krugersdorp gedeponeer word.

Ds M Postma is in April 1897 op Krugersdorp verwelkom. Die kerkraadsnotules is in sy mooi en duidelike handskrif bewaar. Van hom staan die volgende geskrywe: "Ds Marthinus Postma was een van die merkwaardigste predikante wat die Evangelieboodskap aan die volk van Suid Afrika gebring het. Merkwaardig nie alleen omdat hy meer as vyftig jaar dienende was nie, maar veral merkwaardig weens sy beskeie en koersvaste persoonlikheid en edele karakter ...". Later meer oor hom.

Die kerkraadsvergadering van 11 Februarie 1899 het onder andere 'n verslag van afgevaardigdes na die Algemene Vergadering bespreek. Die volgende het die aandag geniet:



Drie nuwe gemeentes is gestig.
Die kerk brei uit na die noorde.
Om sending onder die Jode in Johannesburg geldelik te steun.
Die handhawing van tug veral in die geval van dans.
'n Kommissie moet saam met 'n kommissie uit die kerkraad van Potchefstroom na Makwassie gaan om daar 'n gemeente te stig.

Die notule van die kerkraadsvergadering van 16 Desember 1899 meld die volgende in artikel 2: "De leeraar spreekt een ernstig en gemoedelyk woord tot den Kerkraad er op wyzende dat de oorlog tusschen Engeland en de beide Republieken de Z.A. Republiek en den Oranje Vrijstaat in de maand October uitgebroken is. Door Gods genade mogen wij ons verheugen in verschillende overwinningen aan onze zijde ...".

Ds M Postma was ook vir meer as twee jaar 'n krygsgevangene en is later op parool vrygelaat. Hy het toe in Oos London onderwys gegee om sy gesin te versorg. Op die kerkraadsvergadering van 31 Julie 1902 was hy terug in die gemeente en het hy met groot dankbaarheid melding gemaak van die genade van die Vader in die Hemel.

Die notules van die kerkraadsvergadering van 11 Februarie 1899 en 31 Maart 1899 meld dat die twee plase wat aan Krugersdorp se Gereformeerde Gemeente behoort het, vir £2900 en £3050 verkoop is. Daar was derhalwe voldoende geld om die ideaal van 'n kerkgebou sonder skuld te verwesenlik. Daar word ook melding gemaak van aansoeke om finansiële hulp vir armes en hulpbehoewendes. Lidmate het gedurende die oorlog geld van die kerkraad geleen.

Die geld wat ds Ph Snyman toegewys is vir die verkoop van die twee plase, naamlik £50, is na sy dood aan tifuskoors op die oorlogsveld, aan sy weduwee uitbetaal.

Op die kerkraadsvergadering van 9 September 1899 doen die ouderlinge verslag van die getal lidmate in die gemeente, naamlik 212 lidmate en 482 siele, soos dit genoem is. Daar is ook dertig almanakke bestel. Die ouderlinge maak melding van drie skole met 128 leerlinge en gee ook die name van die onderwysers.

Die notule van 16 Desember 1899 meld dat die nagmaal van Oktober as gevolg van die oorlogstoestand uitgestel moes word. Dit is in Desember gehou, en daar word gemeld dat die ouderlinge hulle wyke soveel as moontlik besoek het. Probleme word gemeld en bespreek. Daar is egter ook op Hekpoort en Rietfontein nagmaal gevier.

Op die kerkraadsvergadering van 17 Februarie 1900 is o.a. besluit om tydens die April nagmaal ook "aanneming te houden" (belydenis van die geloof af te lê). Ds M Postma maak melding van die oorlogstoestande en gee besonderhede daaroor op die vergadering van die kerkraad van 30 Maart 1900. Hy praat oor die oorgawe van genl Cronjé en die afsterwe van genl PJ Joubert en oor die inname van Bloemfontein deur die Engelse.

Die notule meld verder: "De leeraar wyst er op dat deze beproevingen in de oorlog ons moeten verootmoedigen van onze zonden, maar dat wij des te vinniger en gelowiger tot God onzen Redder en Verlosser moeten roepen ... de Heere genadiglyk onze gebeden zal verhoren en op Zynen tyd en Zyne wyze ons volk verlossen ...".

Die gedagtes wat ds M Postma op die kerkraadsvergadering uitgespreek het, het blykbaar nie net tussen die vier mure van die gebou gebly nie. Dit het rugbaar geword en die dominee het 'n krygsgevangene geword en is twee jaar in Oos Londen aangehou. Dit was 'n moeilike tyd vir hom en sy gesin.

Ds D Postma van Rustenburg het af en toe die gemeente op Krugersdorp besoek en die kerksake behartig. Dit het hy in die dorp sowel as in die distrik en in die oorlogskampe getrou gedoen.

Op 27 Julie 1902 was ds M Postma weer terug in sy gemeente op Krugersdorp. Op die kerkraadsvergadering van 31 Julie 1902 het hy hartlike woorde van verwelkoming tot ds D Postma en die kerkraadslede uitgespreek "wyzende op die groote genade van den trouwen Verbonds God dat zy nog allen leefden na dezen vreeslyken oorlog ... en opwekkende tot innige dankbaarheid aan onzen genadigen Verbonds God ...".

Teenoor ds D Postma spreek hy 'n hartlike woord van dank "... voor zyne trouwe, ernstige prediking en groote opofferingen voor de gemeente van Krugersdorp". Dit was 'n genade beskikking van die Hemelse Vader dat ds D Postma in Krugersdorp kon gewerk het in die tyd van beproewing. Op hierdie vergadering is ook verslag gedoen omtrent die geldsake van die gemeente.

Dit is opmerklik dat in notules van die kerkraadsvergaderinge daar melding gemaak word dat die leraar verskillende artikels van die Dordtse Kerkorde voorgelees het. So staan daar by die vergadering van 11 Februarie 1899: "Door de Praeses (voorsitter) worden voorgelezen uit de Dordsche Kerkenorde artt 29 40". Geen kommentaar word dan verder daaromtrent gelewer nie. Tog was dit leiding en lering.

KERKBOU! Die kerkraad het onder die bekwame en energieke leiding van ds M Postma besluit om met die bou van die kerk en die pastorie 'n begin te maak, nieteenstaande die geldelike sake van die gemeente nie rooskleurig was nie. Daar was net £1530 in die bank.

Gedurende die Driejarige Oorlog (1899 1902) is daar talle aansoeke by die kerkraad aangemeld waar lidmate van die gemeente geldelike hulp gevra het. Die nood was werklik hoog, want baie mans het na die kommando's gegaan terwyl sommige as krygsgevangenes na Ceylon en ander plekke gestuur is. Aansoeke om hulp is ook uit die groot konsentrasiekamp op Krugersdorp ontvang.

Die kerkraad het verslae en dokumente omtrent die lenings op meer as een vergadering deeglik in oënskou geneem en daar is besluit om dit aan die betrokke persone en instansies te skenk.

Met die aanvang van die bouwerk was daar net £1530 in die bank beskikbaar. Die beraamde koste vir die bouwerk was £2200. Toe die geboue in 1903 voltooi is, het die boukoste egter op £5660 te staan gekom! Die redes vir die swak toedrag van sake is nie in besonderhede bekend nie. Tog was daar een en ander aanduiding van swak toesig by die bouery want o.a. is gemeld dat daar 28 000 (agt en twintig duisend) stene oortollig was toe die bouwerk klaar was.

Die gemeente moes met 'n groot geldelike las sukkel en dit is eers in die vroeë twintigerjare alles betaal. Die hoeksteen is op 16 Julie 1903 gelê en die kerkgebou is in Mei 1904 in gebruik geneem. Die 13e tot die 15e van daardie merkwaardige maand was vreugdevolle dae vir die Krugersdorpse gemeente. Daar was 'n groot aantal waens en tente op die kerkgrond wat twee maal so groot was as die huidige.

Daar was om tienuur die oggend 'n skare mense voor die kerkgebou. Verteenwoordigers en belangstellendes van ander kerke en die landdros het ook hulle opwagting by die ingang gemaak. Die voorsitter van die boukommissie, oudl JG Celliers, het die kerkdeur oopgesluit en daarna het die oudste ouderling, oudl. S Potgieter, die Statebybel op die kansel geplaas.

Nadat die aanwesiges die kerkgebou baie ordelik binnegegaan het, het ds M Postma na aanleiding van 1 Petrus 5:5 soos volg gepreek: "Zoo word gij ook zelven als levende steenen gebouwd tot een geestelyke huis", en die aanwesiges ernstig vermaan om lewende lede van Christus Jesus se gemeente te wees.

Op 'n gemeentevergadering is dié middag ds D Postma van Burgersdorp as leraar van die Krugersdorpse gemeente beroep. Hy is op 14 Januarie 1905 in die gemeente bevestig.

Tydens die ingebruikneming van die kerkgebou het mnr G Kinnear, 'n plaaslike handelaar, 'n doopbak aan die gemeente geskenk. In September 1905 is 'n orrel vir £50 van mnr J Botha gekoop.

Die kerkraad het op een van sy vergaderings besluit "... by elke geleentheid waar zij in hun functie optreden, zij dat in hun ambtsgewaad zullen doen ...".


http://www.gkkrugersdorp.co.za/geskiedenis.htm

Read more...

Die Jamesoninval

12:42 PM Reporter: Verkenner 0 Responses
Leander Starr Jameson

Die Jamesoninval van 1895/96 in die ZAR was die gevolg van 'n sameswering tussen lede van diegoudmynmagnate aan die Rand, die sogenaamde Reform Committee, teen die regering van die dag. Goud het ongekende voorspoed vir die Republiek gebring, maar ook 'n vloedgolf uitlanders wat op die lange duur ontevrede was met die wyse waarop die regering hulle belange hanteer en beskerm het. In die lig van hierdie groeiende
ontevredenheid het Cecil John Rhodes, een van die goudmagnate, 'n geleentheid gesien om sy ideaal tot Ryksuitbouing te verwesenlik. Die invalsmag het op die Betchuanaland (Botswana) grens by Pitsani saamgetrek en die nag van 29 Desember 1895 die Zuid-Afrikaansche Republiek ingeval. Die opmars na Johannesburg het aanvanklik sonder teenslag vinnig gevorder tot in die omgewing van Krugersdorp.

Hier het die Boerekommando‘s vir die eerste keer teenstand gebied, omdat die dorp oënskynlik deur die invalsmag bedreig was, alhoewel Jameson by herhaling gesê het dat hy nie die land betree met vyandelike bedoelings nie, maar omdat hy reageer
op 'n uitnodiging van vooraanstaande inwoners aan die Rand om hulle te help om geregtigheid te laat geskied. Desnieteenstaande het hy 'n berig aan Krugersdorp gestuur dat hy die dorp sal bombardeer indien die Boerekommando‘s poog om die inval te stuit. Die invalsroete het vir die grootste deel oor 'n ylbewoonde, gelyk gebied gestrek. Die onbewoonde oop vlaktes van die Wes-Transvaal het aanval en verdediging bemoeilik. Die heuwelagtige omgewing naby Krugersdorp het hom beter geleen tot 'n offensief teen die invalsmag.

Dit was waarskynlik 'n belangrike oorweging waarom die Boerekommando‘s vir die eerste keer by die Queens Battery Gold Mine wes van Krugersdorp met die invalsmag slaag geraak het. Na die nederlaag by die Queens Battery het die invalsmag suidwaarts in die rigting van Randfontein teruggeval, waar hulle in die nag oor die spoorlyn is in die hoop om die volgende dag aansluiting te vind by die Potchefstroom- Johannesburg Koetsroete. Jameson het egter gou uitgevind dat die roete van sy mag deur die Boere gedikteer word. Al vegtende het hulle hom in 'n posisie ingedwing waaruit hy nie kon kom nie. Jameson was uiteindelik verplig om op 2Januarie 1896 op die plaas Vlakfontein aan Generaal Cronje oor te gee. Nadat die invalsmag op Vlakfontein gevange geneem is, is hulle na Krugersdorp geneem waar hulle met —rough consideration“ op die Markplein van voedsel voorsien is voor Cronje besluit het om die invalsmag na Pretoria te stuur.

Die Jamesoninval het nie die einde van die—uitlanderkwessie“ vir die Zuid-Afrikaanse Republiek beteken nie. Alhoewel die regering deur die gebeure gedwing is om sekere toegewings aan die uitlanders te maak, het die inval andersyds as 'n stimulus gedien wat tot groter politieke betrokkenheid deur die uitlanders gelei het. Die Jamesoninval het alle pogings om 'n Suid-Afrikaanse federasie van state op 'n vreedsame wyse tot stand te bring, die nek ingeslaan. Die Jamesoninval was 'n belangrike mylpaal op die pad na oorlog. Dit was duideliker as ooit tevore dat die onafhanklikheid van die republiek bedreig was, en die Kruger-regering het dus op groter skaal begin bewapen.

Read more...

Krugersdorp Oorlogmonument

12:20 PM Reporter: Verkenner 0 Responses

Die Oorlogmonument is onthul deur Sir Abe Bailey op die 15 Julie 1922. Die name van die gesneuweldes van die eerste-en tweedewereldoorlog is bygevoeg in 1975.

Read more...

Voortrekkerweg Monument

11:41 AM Reporter: Verkenner 1 Response


In 1938, met die 100 jarige herdenking van die Groottrek, het ossewaens van reg oor die land opgeruk na waar die Voortrekkermonunet vandag staan. Hierdie ossewaens het by verskeie dorpe aan gedoen, ook Krugersdorp.

Tydens die besoek aan Krugersdorp, was daar by drie plekke aan gedoen.

1. Pretoriuskraal - Waar M.W Pretrorius sy perde aan gehou het.


2. Sementspore is gele by die Paardekraalmonument en 'n monument is ook daar opgerig.
3. 'n Monument is opgerig lanks Voortrekkerweg en hierdie pad het ook sy naam gekry.

Op 2 Desember 1938 is die blou granietsteen Monument ingehuldig waarna Mnr J Botha (Oom Jaap) 'n kort toespraak gelewer het voor die waens verder getrek het.

Read more...

Krugersdorp Stadsaal

9:51 AM Reporter: Verkenner 1 Response

Tydens 'n publieke vergadering op 12 Julie 1906 is daar besluit om 'n stadsaal in Krugersdorp te bou. Die gebou sou die musipalekantore, brandweer en biblioteek huisves. Chas Hoskins 'n argitek van Krugersdorp is aangestel om die gebou te ontwerp. Daar is 17 tenders ontvang vir die bouwerk wat uiteindelik toegestaan is aan die maatskappy Robson en Holton.

Die Krugersdorpers was baie geheg aan die gebou. So geheg dat hulle in 1974 baie ontstoke was toe hulle te hore gekom het van planne om die gebou wat nou te klein geword het te sloop en te vervang met 'n nuwe gebou. Die stadsraad het gehoor gegee aan die inwoners en daar is eerder aan die Weste en Ooste kante aan gebou aan die bestaande struktuur. Die brandweer en biblioteek is ook verskuif.

Die groot wit gebou is 'n ware landmerk en word selfs deur lugvaart gebruik as 'n baken.

Sedert die ANC se oorname in 1994, is die enigste verbeterings wat aan gebring is, die instalering van 'n hyser vir die burgermeenster se persoonlike gebruik. Dit is gedoen teen 'n enorme koste en was nodig omdat die burgermeester nie die een verdieping trappe wou klim nie.

Ook het die stadsraad 'n standbeeld van die mitiese figuur Mogale voor die stadsraad aangebring in 'n poging om geskiendenis te skep wat nie voorheen bestaan het nie.

Read more...

JG Strijdom borsbeeld

9:11 AM Reporter: Verkenner 0 Responses

Advokaat Strijdom was die Eerste Minister van Suid-Afrika vanaf 1954 tot 1958. Sedert die 1920's was hy bekend daarvoor dat hy 'n republikein was en weens sy patriotisme is daar besluit om 'n borsbeeld van hom langs die standbeeld van Paul Kruger te laat oprig.

Dr JJ van Tonder het op 16 Desember 1966 hierdie borsbeeld wat deur die beeldhouer J Laubuschagne van Meyerton gemaak is.

Read more...

Paul Kruger Standbeeld

8:31 AM Reporter: Verkenner 0 Responses

Krugersdorp is vernoem na die eertydse President van die ZAR(Transvaal) - Paul Kruger. Daarom is dit gepas dat daar wel 'n standbeeld van die groot staatsman in die dorp is.

Die standbeeld beeld Oom Paul uit in die fleur van sy lewe. Oom Paul was 'n diep gelowige man en daarom is dit heel gepas dat hy met 'n Bybel in die hand staan. Al was hy die President van die ZAR, was Oom Paul 'n nederige man wat homself nie vernaam ge-ag het nie. Daarom is dit net so gepas dat hy met sy hoed in sy hand staan.

Op Krugerdag 1962 is die standbeeld onthul deur CR Swart, wat op daardie stadium die Staatspresident was. Die beeldhouer van die standbeeld was Laurika Postma.

Read more...

Paardekraal - 'n Geskiedkundige oorsig

8:16 AM Reporter: Verkenner 0 Responses

Op 12 April 1877 annekseer Sir Shepstone die ZAR, sonder dat 'n skoot geskiet is, namens Engeland. Die anneksasie was 'n direkte gevolg van die ontdekking van goud in die ZAR, goud wat Engeland graag vir haarself wou he. Die gebeure is gevolg deur 'n periode van lydelike verset deur die burgers van die ZAR en ook is daar verskeie deputasies na Engeland gestuur. Hierdie deputasies en ook verskeie ander onderhandelings met Engeland het misluk en die burgers word opgeroep tot 'n vergadering te Paardekraal op 8 Desember 1880.

Tydens hierdie vergadering, besluit die sowat 6000 burgers, dat die tyd aangebreek het om iets daadwerkliks te doen. Op 'n voorstel van Paul Kruger het die burgers 'n klip stapel gepak op die plek waar die monument vandag staan. Op hierdie stadium is die Paardekraal Gelofte ook afgele.

Hierdie vergadering het die slag van Majuba tot gevolg gehad en die herstel van vryheid van die ZAR op 27 Februarie 1881.
Van 13 tot 16 Desember 1881, hou 'n dankbare volk 'n reuse fees op die terrein en ook die eerste staatsfees in 1886 is daar gevier.

In 1889 is die heer JC Human, wat landros in Krugersdorp was, na President Paul Kruger om toestemming te vra om 'n monument op die terrein te bou. In 1890 besluit die regering om die monument op Paardekraal te bou oor die klipstapel. Die Heer Wierda, was die argitek en die boumeester WY Veitsch het in April 1890 met die bou van die Monument begin en is voltooi in November van 1890.

In Desember 1891 is 'n huldigingsfees op Paardekraal gehou, waartydens President Paul Kruger die monument onthul het. Dit was ook die eerste volksfees waar die Gelofte van 1838 weer herdenk is.

Tydens die ABO, in opdrag van lord Roberts (gedurende Junie 1901), is die klipstapel onder die monument verwyder en onder die treinbrug by Vereeniging in die Vaalrivier gegooi.

In 1916 is ’n groot volksfees op Paardekraal gehou onder leiding van Generaal Louis Botha. In die jare daarna het die Feeskommissie steeds voortgegaan om jaarliks ’n Geloftefees te reel, alhoewel dit beperk was tot die plaaslike omgewing. In 1946 is weer ’n begin gemaak met vyfjaarlikse feeste, wat goed bygewoon is.

Met die herdenking van die Anglo-Boere Oorlog gedurende Oktober 1999 tot 31 Mei 2002, het die Volkskomitee vir die Herdenking van die Tweede Vryheidsoorlog al die geloftefees-komitees in die land, wat hulle gebonde gevoel het aan die geloftes van 1838 en 1880, genooi om ’n gedenksteen tydens Geloftedag op 16 Desember 2002 aan die Paardekraal Feeskommissie te oorhandig om in ’n gedenkmuur ingebou te word. Die gedenkmuur is die laaste toevoeging tot die monument en is 'n bewys dat die Volk ook in hierdie tyd, steeds bereid is om sy Geloftes gestand te doen.

Read more...

GELOFTE: PAARDEKRAAL (1880)

8:13 AM Reporter: Verkenner 0 Responses
In de tegenwoordigheid van den Almachtigen God, de kenner aller harten onder bidden opzien om Zijn genadige hulp en ontferming, zijn wij Burgers van de Zuid-Afrikaansche Republiek, plegtig overeenkomen, om voor ons en onze kinderen een heilige verbond op te rigten, het welk wij met plegtigen eed bezzweren.Ruim veertig jaren is het geleden, dat onze vadere de Kaapkolonie ontvlugt zijn, om een vrij en onafhanklik volk te worden. Deze veertig jaren waren veertig jaren van smart en lijden.Wij hebben Natal. Den Oranje-Vrijstaat en de Zuid-Afrikaansche Republiek gesticht, en driemaal heeft de Engelsche Regering onze vrijheid vertrapt .... En onze vlag, die onze vaderen met hum bloed en tranen gedoopt hebben van den grond neergehaal.Als door een dief in de nacht in onze vrije Republiek weggestolen. Wij kunnen en wij mogen dat nie dragen.God wil, dat de eerbied onze vaderen en de liefde jegen onze kinderen ons voorscrijft, het erfpand der vaderen geschonden aan onze kinderen over te leven.Daarom is het dat wij hier bijeentreden en dat wij elkander de hand geven als mannen, broeders, plegtig beloven, trouw te houden aan ons land en volk en met het oog "Zoo waarlijk helpe ons God Almachtig".

Read more...

video

My Blog List