Subscribe to Zinmag Tribune
Subscribe to Zinmag Tribune
Subscribe to Zinmag Tribune by mail
Oom Paul
DA-oor-vingers-getik
Skoon-water
Die-burgermeester

Die-Jameson-inval

Die-Jameson-inval
Jameson

landroverlodge-nou-mogale-lodge

polities korekte naamsverandering wat nie sin maak nie
Landroverlodge nou Mogale lodge

Nero-speel-viool-maar-Rome-brand

Probleme weens wanbestuur
Percy-Stewart

Krugersdorp Stadsaal

Krugersdorp Stadsaal
Krugersdorp Stadsaal

Paardekraal Monument

Geskiedenis van die ontstaan van die Paardekraal Monument
Paardekraal Monument

DA oor vingers getik

In die Krugersdorp Nuus van 12 Desember 2008 verskyn 'n media verklaring van die Paardekraal Verkenners. In die verklaring maak die Paardekraal Verkenners ten sterkste beswaar teen die onwaarhede wat die DA in die vorige week se Krugersdorp Nuus geplaas het. Lees verder...

Paardekraal Verkenners

Besoek gerus die Paardekraal Verkenners deur hier te klik.

Skole nuus

Besigheid van die week

Die besigheid van die week.

’n Boer sukkel met ’n plan

10:43 PM Reporter: Verkenner 0 Responses
Marié Pieterse
“Tarlton is grensloos en draadloos. Ons het nie eens meer wrakke op die plase oor nie.”
So sê een van die moedelose boere, Neels Bouwer (49), oor die gebied wat deur die DA se woordvoerder vir veiligheid en sekuriteit, LP Diane Kohler Barnard, as die “Wilde Weste” bestempel word.
“Die misdadigers teiken die boeregemeenskap en dit wil voorkom asof hulle ongestraf bly,” sê Diane.
Vyftien boere van Tarlton het onlangs vergader en aan Wes-Beeld die omvang van hul skade verduidelik.
Dis veral die herhaalde diefstal van alle metaalprodukte – van hangdrade (droppers) en besproeiingswerktuie soos dompelpompe, boorgatpype, spilpunt-onderdele – tot koperkrane en kopergewigstukkies in die plastieksproeierkoppe wat dit vir hulle onmoontlik maak om hul groente en blomme te besproei.
Blomboer Hans van Aalst (45) sê die stutpale word onder sy blomme uitgesteel en dit vernietig sy blomoes.
Behalwe vir groente en vee word diesel uit die trekkers se brandstoftenks gesteel en sweis van die boere nou al hulle batterye aan die trekkers vas.
By Antonio Fernandes (68) is daar vroeër vandeesmaand twee nagte na mekaar twee besproeiingspompe ter waarde van R200 000 gesteel.
Volgens die boere word een sektorpolisievoertuig ingespan om die hele gebied te bedien en het Tarlton slegs ’n satelliet-polisiekantoor met beperkte ure.
Diane sê die DA beskou die toestand in ’n ernstige lig en die opskorting van die kommandostelsel het ’n vakuum gelaat wat nie deur die SAPD gevul is nie.
Die party vra dat ’n gespesialiseerde plattelandse veiligheidsafdeling onder die polisie gevestig word om te help om die probleem op te los en te verhoed dat die toestand verder agteruitgaan.
Amanda de Lange, voorsitter van die Krugersdorpse gemeenskapspolisiëringsforum, sê dit sou ideaal wees om so ’n veiligheidsafdeling te hê, maar ’n gebrek aan mannekrag maak dit onrealisties.
“Ons patrolleer met perde en voertuie, maar die Tarlton-polisiekantoor moet weer ’n volledige polisiekantoor word.”
Die polisiewoordvoerder van die Krugersdorpse polisiekantoor, kapt. Jacob Raboroko, sê hul kantoor het tien sektore en ’n sektorpolisiëringsvoertuig vir elke sektor.
Hy sê die polisie is saam met die provinsie aktief besig om elke dag padblokkades te hou om misdaad te bekamp. “ ’n Spesiale taakspan wat fleksietyd werk word ingespan om te help.”
Oor die bewering van die DA dat polisielede verdink word van kriminele aktiwiteite het hy gesê die polisie is nie daarvan bewus nie en as daar iemand is met sulke inligting moet hulle dit aan die polisie openbaar.

Read more...

Waarskuwing - N14

10:30 PM Reporter: Verkenner 0 Responses
Die N14 tussen Krugersdorp en Pretoria is nie 'n veilige pad nie. Dit het Mnr Gert Strydom van Krugersdorp ook agtergekom en het amper met sy lewe geboet.

Mnr Strydom was onderweg vanaf Krugersdorp op die N14, toe hy "oor iets" ry wat in die pad was. Hy het gestop om te kyk na die skade aan sy voertuig en is deur twee swart mans oorweldig. Die een het hom geskiet en hulle het hom beroof.

Hy is in die voertuig gelaai en na die naaste OTM geneem waar hy gedwing is om R2000-00 te ontrek. Hy is vasgebind en in sy motor se katebak gelaai.

Motoriste word gewaarsku om nie te stop indien daar versperings in die pad is nie, veral nie op die N14 nie.

Read more...

Drie ‘veiligheidswagte’ vas wat beroof

11:45 PM Reporter: Verkenner 0 Responses



Amanda Roestoff





Drie veiligheidswagte is die naweek in Chamdor buite Krugersdorp aan die Wes-Rand op heterdaad betrap waar hul glo besig was om hope staal en gietsel by ’n staalfabriek te roof.
Insp. Solomon Sibiya, polisiewoordvoerder, sê twee wagte van ADT-veiligheid is eergister omstreeks 20:30 in die veiligheidskantoor by die hoofhek van Steloy Casting oorval, terwyl ’n derde wag besig was om die perseel na te gaan.
Drie veiligheidswagte in soortgelyke uniforms en ’n gemerkte veiligheidsvoertuig het die twee wagte gedwing om hulle toegang tot die perseel te gee, voordat hulle ’n bakkie vol staal en gietsel gelaai het.
“Een van die rowers het toe weggery om die staal af te laai,” het Sibiya gesê.
Een van ADT-veiligheidswagte kon toe daarin slaag om die noodknoppie te druk.
“Toe die polisie opdaag, was twee van die rowers steeds binne die fabriek, terwyl die derde rower op pad was om vermoedelik ’n tweede vrag te laai.”
Die mans is net daar aangekeer.
Die totale vrag staal, waarvan die waarde en hoeveelheid onbekend is, is ’n paar kilometer verder in Tshepisong, naby die Leratong-hospitaal in Hoofrifweg buite Roodepoort, teruggevind.
Al drie mans sal na verwagting vandag in die Kagiso-landdroshof verskyn.
Dit was teen druktyd nog nie bekend of die verdagtes wel veiligheidswagte is nie.

Read more...

Groot kommer heers (oor misdaad)

12:13 AM Reporter: Verkenner 0 Responses
Hettiën Strauss
“Ons moet nie na strooihalms gryp nie, maar eerder deur ’n bekommerde bril kyk na die skokkende toename van tot 866% in gevalle van roof op sakepersele.”
Só sê Jaco Mulder, nasionale voorsitter van die nasionale burgerlike veiligheid- en sekuriteitsaksie (Nabuvsa), na die bekendstelling van die jongste misdaadsyfers van individuele polisiekantore in die Wes-Beeld gebied.
“Daar rus nou ’n groter verantwoordelikheid op plaaslike gemeenskapslede om na mekaar uit te reik om misdaad in hul onmiddellike omgewing te beveg.”
Dié syfers gee die vergelykbare aangemelde misdade vir April 2006 tot Maart 2007 en April 2007 tot Maart 2008.
Ondanks die statistiek dat Rosebank die veiligste woonbuurt is om in te woon, het die grootste toename in roof met verswarende omstandighede op sakepersele hier van drie tot 29 (866%) toegeneem.
Ander gebiede waar dié spesifieke misdaad gestyg het, is Roodepoort (300%) en Parkview (129%).
Dié syfer by dié kantore is aansienlik hoër as die landwye styging van 47,4%.
Ander misdade wat erg gestyg het, is huisrooftogte, dwelmverwante misdade of bestuur onder die invloed van drank of dwelms.
John Baisley, voorsitter van die Honeydew-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), sê ondanks die afname van 44% van roof op sakepersele met verswarende omstandighede, is dié gebied sewende op die land se algemene sakerooftoglys.
“Ons misdaadvlakke is buite beheer ondanks verskerpte polisieoptredes.
“Die stygings van 57% in moordpogings wys die uurglas het uitgeloop vir onbetrokke gemeenskapslede.”
Rdl. Kobus de Beer, infrastruktuur- en openbare veiligheidswoordvoerder van dieDA-portefeuljekomitee van die Mogale City-munisipaliteit wat binne die Krugerdorp-polisiegebied is, sê ten spyte van diepolisie se goeie arrestasies en die afname van die moordsyfer (40%), is die toename in huis- (43%) en sakerowe (57%) en moordpogings (41,37%) kommerwekkend.
“Ondanks die syfers, het baie sakelui van die Key West-winkelsentrum die afgelope tyd onder gewapende rooftogte deurgeloop. Drie was restaurante.”

Rdl. Willie van der Schyff, ANC-komiteelid: veiligheid en sekuriteit van die Johannesburgse metroraad en lid van die plaaslike Roodepoortse sakekamer, sê mense moet nie die invloed en styging (46%) van dwelmverwante misdade wat deur die hele plaaslike gemeenskapsfeer tot by skole en kerke dring, “onderskat” nie.
“Misdaadbestryding kan net verbeter met die totale samewerking van die hele plaaslike gemeenskap, polisie en wetstoepassingsagentskappe.
“Baie slagoffers is ouer mense in die gemeenskap.
“Dit het ook hoog tyd geword vir groter gemeenskapsbetrokkenheid van ouers by skole en plaaslike kerkgroepe.”

Read more...

video

My Blog List