Krugersdorp het sy ontstaan te danke aan die ontdekking van goud aan die Wesrand en die proklamering van openbare delwerye op die plase Paardekraal, Vogelstruisfontein, Luipaardsvlei, Witpoortjie, Klipplaat, Heuningklip en Wilgespruit in 1886/1887. Hierdie delwerye het onder die jurisdiksie van Mynkommissaris Robert Gerrit Ockerse geval en met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog het hy oor sowat vyftig myne en delwerye toesig gehou. Die instroming van mense na die delwerye het die behoefte aan 'n dorp in die omgewing laat ontstaan. Die regering het 'n gedeelte van —Vaal Martiens“ Pretorius se plaas gekoop vir die vestiging van 'n dorp wat op sy versoek na Paul Kruger vernoem is. Die eerste 200 standplase was op 'n publieke veiling op 31 Oktober 1887 —verkoop“ onder die 99 jaar huurpagstelsel teen standlisensiegeld wat gewissel het tussen tien en vyftien sjielings 'n maand. Die dorp het slegs die omliggende goudvelde bedien. Die inwoners van die omliggende plase het vir administratiewe, militêre en regsdoeleindes in die distrikte Pretoria, Potchefstroom, Rustenburg en Heidelberg geval. Voortvloeiend uit die totstandkoming van die—distriksdorp“ in 1894, is die vestiging van
afsonderlike regeringskantore in Krugersdorp om die amptenare van die nuwe dorp te huisves. Krugersdorp is eers ná die Anglo-Boereoorlog, met die totstandkoming van die munisipaliteit, tot 'n eenheid saamgesnoer.Die oorspronklike dorpsuitleg van sowel die standplaasdorp as die distriksdorp het geen voorsiening gemaak vir die vestiging van swart mense in Krugersdorp nie. Wetgewing het ook geen duidelike riglyne gegee oor swart mense se toegang tot blanke woongebiede nie. Diegene wat hulle wel in die dorp bevind het, was daar as inwonende huisbediendes. Die meerderheid swart mense was mans wat op die delwerye in die myne gewerk het,en waar hulle in kampongs gehuisves was. Baie van hulle moes vir hulle self sorg sodat 'n swart nedersetting geleidelik op die suidwestelike periferie van die blanke dorp ontwikkel het. Die vestigingspatroon hiervan was baie onordelik.
Streng gesproke was die inwoners van die nedersetting plakkers. Die regering van die dag en die gesondheidskomitee het weinig aandag gegee aan die vestiging van die swart mense. Die nedersetting is eers in 1905 as 'n —lokasie“ geproklameer. Die eerste Indiërs het hulle in ongeveer 1897 permanent in Krugersdorp kom vestig. Die dorpsuitleg het geen voorsiening gemaak vir 'n afsonderlike woongebied vir die Indiërs nie en die blankes het hulle nie in die blanke woongebiede toegelaat nie. Die ontwikkeling van 'n Indiërwoongebied tussen die swart nedersetting en Burgershoop, is sprekend van die Indiër se denkwyse om sy besigheid naby sy klandisie te vestig. As sakemanne kon die Indiërs nie kompeteer met die blanke nie, daarom dat hulle op die armblanke en die swart mense as klandisie gefokus het. Die regering het reeds in 1896 besluit om Burgershoop steenmakerye te
ontwikkel as 'n heenkome vir —armeboeren“. Daar was dus 'n aansienlike konsentrasie armblankes in Burgershoop Krugersdorp het vanaf sy ontstaan 'n baie kosmopolitiese samestelling gehad as gevolg van
die instroming van mense uit alle uithoeke van die wêreld na die delwerye. Die spontane verdeling van die gemeenskap in sosiale klasse was veral opmerklik in die sosiale verkeer van die gemeenskap. Dit was die sogenaamde buitelanders wat op ekonomiese gebied 'n leidende rol gespeel het en as sosiale leiers die sosiaal-kulturele grondslag van Krugersdorp gelê het. Die meerderheid van die inwoners was egter van ' bestaansekonomie, hetsy as delwer, waterkardrywer, steenmaker of groentekweker, afhanklik. Werksgeleenthede was skaars en armoede onder blankes en swart mense was algemeen. Krugersdorp was met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog die enigste dorp aan die Wesrand.
Janetta du Plooy, PhD (1999) Potchefstroomse
Universiteit vir CHO,

0 Response to "Die ontstaan van Krugersdorp"