Subscribe to Zinmag Tribune
Subscribe to Zinmag Tribune
Subscribe to Zinmag Tribune by mail

Storm woed oor dié kaarte

12:20 AM Posted by Verkenner
Amanda Roestoff
’n Herrie oor misbruikte kredietkaarte in die besit van die Mogale City-stadsraad se burgemeesterskomiteelede het losgebars toe sowat 15 DA-raadslede ’n stokkie daarvoor wou steek.
Die raad het in 2006 besluit om kredietkaarte aan burgemeesterskomiteelede uit te reik.
Die kaarte moes met amptelike en seremoniële uitgawes help en mag nooit vir persoonlike doeleindes aangewend word nie.
Die goedgekeurde kredietkaarte het ’n limiet van tussen R20 000 en R30 000 per burgemeesterskomiteelid, na gelang van die posisie of portefeulje se behoeftes, sê die DA.
’n Twis het ontstaan toe die ANC skielik ná twee jaar blykbaar beheermaatreëls wou instel om onnodige private uitgawes hok te slaan.
Die DA beweer hul versoek om sulke maatreëls in te stel, is in 2006 deur die ANC geïgnoreer.
Die party se versoek om finansiële state oor die beweerde misbruik te verkry, is deur die speaker geweier. Hierop het Andy Dott, DA-raadslid van Muldersdrift, glo beweer die kredietkaarte word misbruik.
Dennis Pretorius, hoofsweep van die DA in Krugersdorp aan die Wes-Rand en die party se finansiële woordvoerder, het aan Wes-Beeld gesê dat, toe Dott weier om die aanmerking terug te trek, hy gevra is om die raadsaal te verlaat. Al sy partygenote het hom toe gevolg.
Dott het volgens Pretorius die aanmerking gemaak nadat die party reeds twee jaar gelede state oor die uitgawes bekom het.
Volgens die DA het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) ook ’n ondersoek na die beweerde misbruik gedoen en bevind dat 90% van die uitgawes vir persoonlike doeleindes was.
Die skielike twis – wat etlike raadslede warm onder die kraag gelaat het – blyk vir eers opgelos te wees nadat ’n raadslid van die ANC ingestem het om die verslae aan die DA te verskaf.
You can leave a response, or trackback from your own site.

0 Response to "Storm woed oor dié kaarte"

video

My Blog List