Subscribe to Zinmag Tribune
Subscribe to Zinmag Tribune
Subscribe to Zinmag Tribune by mail

Groot kommer heers (oor misdaad)

12:13 AM Posted by Verkenner
Hettiën Strauss
“Ons moet nie na strooihalms gryp nie, maar eerder deur ’n bekommerde bril kyk na die skokkende toename van tot 866% in gevalle van roof op sakepersele.”
Só sê Jaco Mulder, nasionale voorsitter van die nasionale burgerlike veiligheid- en sekuriteitsaksie (Nabuvsa), na die bekendstelling van die jongste misdaadsyfers van individuele polisiekantore in die Wes-Beeld gebied.
“Daar rus nou ’n groter verantwoordelikheid op plaaslike gemeenskapslede om na mekaar uit te reik om misdaad in hul onmiddellike omgewing te beveg.”
Dié syfers gee die vergelykbare aangemelde misdade vir April 2006 tot Maart 2007 en April 2007 tot Maart 2008.
Ondanks die statistiek dat Rosebank die veiligste woonbuurt is om in te woon, het die grootste toename in roof met verswarende omstandighede op sakepersele hier van drie tot 29 (866%) toegeneem.
Ander gebiede waar dié spesifieke misdaad gestyg het, is Roodepoort (300%) en Parkview (129%).
Dié syfer by dié kantore is aansienlik hoër as die landwye styging van 47,4%.
Ander misdade wat erg gestyg het, is huisrooftogte, dwelmverwante misdade of bestuur onder die invloed van drank of dwelms.
John Baisley, voorsitter van die Honeydew-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), sê ondanks die afname van 44% van roof op sakepersele met verswarende omstandighede, is dié gebied sewende op die land se algemene sakerooftoglys.
“Ons misdaadvlakke is buite beheer ondanks verskerpte polisieoptredes.
“Die stygings van 57% in moordpogings wys die uurglas het uitgeloop vir onbetrokke gemeenskapslede.”
Rdl. Kobus de Beer, infrastruktuur- en openbare veiligheidswoordvoerder van dieDA-portefeuljekomitee van die Mogale City-munisipaliteit wat binne die Krugerdorp-polisiegebied is, sê ten spyte van diepolisie se goeie arrestasies en die afname van die moordsyfer (40%), is die toename in huis- (43%) en sakerowe (57%) en moordpogings (41,37%) kommerwekkend.
“Ondanks die syfers, het baie sakelui van die Key West-winkelsentrum die afgelope tyd onder gewapende rooftogte deurgeloop. Drie was restaurante.”

Rdl. Willie van der Schyff, ANC-komiteelid: veiligheid en sekuriteit van die Johannesburgse metroraad en lid van die plaaslike Roodepoortse sakekamer, sê mense moet nie die invloed en styging (46%) van dwelmverwante misdade wat deur die hele plaaslike gemeenskapsfeer tot by skole en kerke dring, “onderskat” nie.
“Misdaadbestryding kan net verbeter met die totale samewerking van die hele plaaslike gemeenskap, polisie en wetstoepassingsagentskappe.
“Baie slagoffers is ouer mense in die gemeenskap.
“Dit het ook hoog tyd geword vir groter gemeenskapsbetrokkenheid van ouers by skole en plaaslike kerkgroepe.”
You can leave a response, or trackback from your own site.

0 Response to "Groot kommer heers (oor misdaad)"

video

My Blog List