Subscribe to Zinmag Tribune
Subscribe to Zinmag Tribune
Subscribe to Zinmag Tribune by mail

Drie ‘veiligheidswagte’ vas wat beroof

11:45 PM Posted by Verkenner



Amanda Roestoff





Drie veiligheidswagte is die naweek in Chamdor buite Krugersdorp aan die Wes-Rand op heterdaad betrap waar hul glo besig was om hope staal en gietsel by ’n staalfabriek te roof.
Insp. Solomon Sibiya, polisiewoordvoerder, sê twee wagte van ADT-veiligheid is eergister omstreeks 20:30 in die veiligheidskantoor by die hoofhek van Steloy Casting oorval, terwyl ’n derde wag besig was om die perseel na te gaan.
Drie veiligheidswagte in soortgelyke uniforms en ’n gemerkte veiligheidsvoertuig het die twee wagte gedwing om hulle toegang tot die perseel te gee, voordat hulle ’n bakkie vol staal en gietsel gelaai het.
“Een van die rowers het toe weggery om die staal af te laai,” het Sibiya gesê.
Een van ADT-veiligheidswagte kon toe daarin slaag om die noodknoppie te druk.
“Toe die polisie opdaag, was twee van die rowers steeds binne die fabriek, terwyl die derde rower op pad was om vermoedelik ’n tweede vrag te laai.”
Die mans is net daar aangekeer.
Die totale vrag staal, waarvan die waarde en hoeveelheid onbekend is, is ’n paar kilometer verder in Tshepisong, naby die Leratong-hospitaal in Hoofrifweg buite Roodepoort, teruggevind.
Al drie mans sal na verwagting vandag in die Kagiso-landdroshof verskyn.
Dit was teen druktyd nog nie bekend of die verdagtes wel veiligheidswagte is nie.
You can leave a response, or trackback from your own site.

0 Response to "Drie ‘veiligheidswagte’ vas wat beroof"

video

My Blog List