Subscribe to Zinmag Tribune
Subscribe to Zinmag Tribune
Subscribe to Zinmag Tribune by mail

Swaardseun vra nie borg

3:05 AM Posted by Verkenner



Amanda Roestoff
Die vooruitsig dat 'n aansoek om borgtog nie suksesvol sou wees nie is die rede waarom die vermeende swaardmoordenaar, Morné Harmse (18), ná konsultasie met sy regsverteenwoordiger die aansoek van die hand gewys het.

Só het mnr. Dolph Jonker, Harmse se prokureur, na sy verskyning voor landdros Keith Page in die streekhof op die dorp gesê.

Harmse, wat daarvan beskuldig word dat hy Jacques Pretorius (16) op 18 Augustus by die HTS Nic Diederichs met 'n swaard doodgekap het, bly steeds in aanhouding.

Me. Micky Tessner, staatsaanklaer, het versoek dat die saak na die Direkteur van Openbare Vervolging (DOV) verwys moet word om te beslis of die Harmse in die streekhof op die dorp en of in die Johannesburgse Hooggeregshof verhoor sal word.

Die hof het op 24 Oktober beslis Harmse ly aan geen geestesiekte of intellektuele gebrek nie.

Harmse staan benewens die aanklagte van moord op Pretorius, ook tereg op drie ander aanklagte van poging tot moord, nadat hy glo Stephan Bouwer (18), 'n gr.11-leerling, op die kop gekap en mnre. Joseph Kodisang (26) en Sam Namamela (43) wat Morné se aanval wou afweer, onderskeidelik op die oor en wang en op die arm gekap het.

Harmse het op die dag van die aanval 'n masker van die heavy metal-groep Slipknot in sy skoolsak skool toe gevat.

Hy het dit glo voor die aanvalle opgesit.

Mev. Adel Pretorius (34), ma van die vermoorde seun, het gister in die voorste ry van die hof langs vyf ander familielede gesit. Sy het deurentyd met haar hand onder haar ken voor haar uitgestaar.

Mnr. Machiel en mev. Liza Harmse, die beskuldigde se ouers, het 'n in die bank agter die Pretorius-familie gesit.

Landdros Page het die saak tot 28 Januarie 2008 uitgestel.
You can leave a response, or trackback from your own site.

0 Response to "Swaardseun vra nie borg"

video

My Blog List