Subscribe to Zinmag Tribune
Subscribe to Zinmag Tribune
Subscribe to Zinmag Tribune by mail
Oom Paul
DA-oor-vingers-getik
Skoon-water
Die-burgermeester

Die-Jameson-inval

Die-Jameson-inval
Jameson

landroverlodge-nou-mogale-lodge

polities korekte naamsverandering wat nie sin maak nie
Landroverlodge nou Mogale lodge

Nero-speel-viool-maar-Rome-brand

Probleme weens wanbestuur
Percy-Stewart

Krugersdorp Stadsaal

Krugersdorp Stadsaal
Krugersdorp Stadsaal

Paardekraal Monument

Geskiedenis van die ontstaan van die Paardekraal Monument
Paardekraal Monument

DA oor vingers getik

In die Krugersdorp Nuus van 12 Desember 2008 verskyn 'n media verklaring van die Paardekraal Verkenners. In die verklaring maak die Paardekraal Verkenners ten sterkste beswaar teen die onwaarhede wat die DA in die vorige week se Krugersdorp Nuus geplaas het. Lees verder...

Paardekraal Verkenners

Besoek gerus die Paardekraal Verkenners deur hier te klik.

Skole nuus

Besigheid van die week

Die besigheid van die week.

Waarskuwing - N14

10:30 PM Reporter: Verkenner 0 Responses
Die N14 tussen Krugersdorp en Pretoria is nie 'n veilige pad nie. Dit het Mnr Gert Strydom van Krugersdorp ook agtergekom en het amper met sy lewe geboet.

Mnr Strydom was onderweg vanaf Krugersdorp op die N14, toe hy "oor iets" ry wat in die pad was. Hy het gestop om te kyk na die skade aan sy voertuig en is deur twee swart mans oorweldig. Die een het hom geskiet en hulle het hom beroof.

Hy is in die voertuig gelaai en na die naaste OTM geneem waar hy gedwing is om R2000-00 te ontrek. Hy is vasgebind en in sy motor se katebak gelaai.

Motoriste word gewaarsku om nie te stop indien daar versperings in die pad is nie, veral nie op die N14 nie.

Read more...

Drie ‘veiligheidswagte’ vas wat beroof

11:45 PM Reporter: Verkenner 0 Responses



Amanda Roestoff





Drie veiligheidswagte is die naweek in Chamdor buite Krugersdorp aan die Wes-Rand op heterdaad betrap waar hul glo besig was om hope staal en gietsel by ’n staalfabriek te roof.
Insp. Solomon Sibiya, polisiewoordvoerder, sê twee wagte van ADT-veiligheid is eergister omstreeks 20:30 in die veiligheidskantoor by die hoofhek van Steloy Casting oorval, terwyl ’n derde wag besig was om die perseel na te gaan.
Drie veiligheidswagte in soortgelyke uniforms en ’n gemerkte veiligheidsvoertuig het die twee wagte gedwing om hulle toegang tot die perseel te gee, voordat hulle ’n bakkie vol staal en gietsel gelaai het.
“Een van die rowers het toe weggery om die staal af te laai,” het Sibiya gesê.
Een van ADT-veiligheidswagte kon toe daarin slaag om die noodknoppie te druk.
“Toe die polisie opdaag, was twee van die rowers steeds binne die fabriek, terwyl die derde rower op pad was om vermoedelik ’n tweede vrag te laai.”
Die mans is net daar aangekeer.
Die totale vrag staal, waarvan die waarde en hoeveelheid onbekend is, is ’n paar kilometer verder in Tshepisong, naby die Leratong-hospitaal in Hoofrifweg buite Roodepoort, teruggevind.
Al drie mans sal na verwagting vandag in die Kagiso-landdroshof verskyn.
Dit was teen druktyd nog nie bekend of die verdagtes wel veiligheidswagte is nie.

Read more...

Groot kommer heers (oor misdaad)

12:13 AM Reporter: Verkenner 0 Responses
Hettiën Strauss
“Ons moet nie na strooihalms gryp nie, maar eerder deur ’n bekommerde bril kyk na die skokkende toename van tot 866% in gevalle van roof op sakepersele.”
Só sê Jaco Mulder, nasionale voorsitter van die nasionale burgerlike veiligheid- en sekuriteitsaksie (Nabuvsa), na die bekendstelling van die jongste misdaadsyfers van individuele polisiekantore in die Wes-Beeld gebied.
“Daar rus nou ’n groter verantwoordelikheid op plaaslike gemeenskapslede om na mekaar uit te reik om misdaad in hul onmiddellike omgewing te beveg.”
Dié syfers gee die vergelykbare aangemelde misdade vir April 2006 tot Maart 2007 en April 2007 tot Maart 2008.
Ondanks die statistiek dat Rosebank die veiligste woonbuurt is om in te woon, het die grootste toename in roof met verswarende omstandighede op sakepersele hier van drie tot 29 (866%) toegeneem.
Ander gebiede waar dié spesifieke misdaad gestyg het, is Roodepoort (300%) en Parkview (129%).
Dié syfer by dié kantore is aansienlik hoër as die landwye styging van 47,4%.
Ander misdade wat erg gestyg het, is huisrooftogte, dwelmverwante misdade of bestuur onder die invloed van drank of dwelms.
John Baisley, voorsitter van die Honeydew-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), sê ondanks die afname van 44% van roof op sakepersele met verswarende omstandighede, is dié gebied sewende op die land se algemene sakerooftoglys.
“Ons misdaadvlakke is buite beheer ondanks verskerpte polisieoptredes.
“Die stygings van 57% in moordpogings wys die uurglas het uitgeloop vir onbetrokke gemeenskapslede.”
Rdl. Kobus de Beer, infrastruktuur- en openbare veiligheidswoordvoerder van dieDA-portefeuljekomitee van die Mogale City-munisipaliteit wat binne die Krugerdorp-polisiegebied is, sê ten spyte van diepolisie se goeie arrestasies en die afname van die moordsyfer (40%), is die toename in huis- (43%) en sakerowe (57%) en moordpogings (41,37%) kommerwekkend.
“Ondanks die syfers, het baie sakelui van die Key West-winkelsentrum die afgelope tyd onder gewapende rooftogte deurgeloop. Drie was restaurante.”

Rdl. Willie van der Schyff, ANC-komiteelid: veiligheid en sekuriteit van die Johannesburgse metroraad en lid van die plaaslike Roodepoortse sakekamer, sê mense moet nie die invloed en styging (46%) van dwelmverwante misdade wat deur die hele plaaslike gemeenskapsfeer tot by skole en kerke dring, “onderskat” nie.
“Misdaadbestryding kan net verbeter met die totale samewerking van die hele plaaslike gemeenskap, polisie en wetstoepassingsagentskappe.
“Baie slagoffers is ouer mense in die gemeenskap.
“Dit het ook hoog tyd geword vir groter gemeenskapsbetrokkenheid van ouers by skole en plaaslike kerkgroepe.”

Read more...

Storm woed oor dié kaarte

12:20 AM Reporter: Verkenner 0 Responses
Amanda Roestoff
’n Herrie oor misbruikte kredietkaarte in die besit van die Mogale City-stadsraad se burgemeesterskomiteelede het losgebars toe sowat 15 DA-raadslede ’n stokkie daarvoor wou steek.
Die raad het in 2006 besluit om kredietkaarte aan burgemeesterskomiteelede uit te reik.
Die kaarte moes met amptelike en seremoniële uitgawes help en mag nooit vir persoonlike doeleindes aangewend word nie.
Die goedgekeurde kredietkaarte het ’n limiet van tussen R20 000 en R30 000 per burgemeesterskomiteelid, na gelang van die posisie of portefeulje se behoeftes, sê die DA.
’n Twis het ontstaan toe die ANC skielik ná twee jaar blykbaar beheermaatreëls wou instel om onnodige private uitgawes hok te slaan.
Die DA beweer hul versoek om sulke maatreëls in te stel, is in 2006 deur die ANC geïgnoreer.
Die party se versoek om finansiële state oor die beweerde misbruik te verkry, is deur die speaker geweier. Hierop het Andy Dott, DA-raadslid van Muldersdrift, glo beweer die kredietkaarte word misbruik.
Dennis Pretorius, hoofsweep van die DA in Krugersdorp aan die Wes-Rand en die party se finansiële woordvoerder, het aan Wes-Beeld gesê dat, toe Dott weier om die aanmerking terug te trek, hy gevra is om die raadsaal te verlaat. Al sy partygenote het hom toe gevolg.
Dott het volgens Pretorius die aanmerking gemaak nadat die party reeds twee jaar gelede state oor die uitgawes bekom het.
Volgens die DA het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) ook ’n ondersoek na die beweerde misbruik gedoen en bevind dat 90% van die uitgawes vir persoonlike doeleindes was.
Die skielike twis – wat etlike raadslede warm onder die kraag gelaat het – blyk vir eers opgelos te wees nadat ’n raadslid van die ANC ingestem het om die verslae aan die DA te verskaf.

Read more...

Tarlton heinings kwyt

12:05 AM Reporter: Verkenner 0 Responses
Francois Oosthuizen
Die Tarlton-renbaan buite Krugersdorp waar internasionale versnelrenne gehou word, gaan die afgelope twee jaar gebuk onder diefstal en saakbeskadiging wat miljoene rande beloop.
Kallie Greef, wat by die baan woon en verantwoordelik is vir die instandhouding van die infrastruktuur, sê hulle is moedeloos.
“Die helfte van ons tyd gaan verlore om die skade te herstel wat diewe en kwaaddoeners aangerig het.”
Volgens Kallie het die diefstal ongeveer twee jaar gelede begin. “Eers het hulle al die koperkabels vir die klankstelsel en spreiligte van sowat 1 200 m gesteel.”
Nadat die kabels vervang en met beton bedek is, het diewe begin om die kabels op die pawiljoene en teen die spreiligtorings te steel.
“Een aand het vandale die stuk veld by die veldfietsbaan aan die brand gesteek en die hele paviljoen afgebrand,” het Kallie gesê. Volgens die versekeringsmaatskappy is sowat R700 000 se skade aangerig.
“Ons groot probleem is nou die heinings en heiningpale wat gesteel word.”
Volgens hom is die diewe goed georganiseer en kan tot 1,8 km se draad en pale op ’n aand steel.
Volgens Amanda de Lange van die Tarlton-gemeenskapspolisiëringsforum is die diefstal van heinings en pale baie algemeen in dié omgewing.
“Die huidige prys vir ’n staal- heiningpaal is R38; dus is dit baie winsgewend vir die diewe.”
Nóg ’n probleem is die groot aantal skrootmetaalhandelaars in die Krugersdorp-omgewing. “Daar is eenvoudig te veel handelaars vir die polisie om elkeen te ondersoek as iemand ’n klag van diefstal lê.”
Boonop is daar ernstiger misdade waarop die polisie met hul beperkte hulpbronne moet fokus.
Amanda sê hulle wil die gemeenskap aanmoedig om betrokke te raak by buurtwagte.
“As daar genoeg inwoners is om die gebied te patrolleer, kan almal gemiddeld twee uur per aand diens doen.”
Kallie en boere in die omgewing het intussen begin om hulle heiningpale kenmerkend te verf.
“As die polisie nou by ’n skrootmetaalhandelaar kom en hulle kry ’n klomp rooi pale, kan hulle dit as Tarlton s’n uitken,” sê Kallie.
Kapt. Jacob Raboroko, polisiewoordvoerder, sê mense wat vermoed ’n skrootmetaalhandelaar koop gesteelde heinings en pale kan die polisie laat weet. Hulle sal dan by die betrokke skrootwerf gaan ondersoek instel.

Read more...

"Geheime" openbare vergadering.

9:56 AM Reporter: Verkenner 0 Responses
Op Dinsdag die 13de Mei 2008 het die stadsraad 'n openbare vergadering gehou in Wes-Krugersdorp by die Paul Kruger-saal. Dit het voor gekom as 'n geheime vergadering, aangesien die publiek nie in kennis gestel is van die vergadering nie.

Dit wil voorkom of een van die ANC se vennote in die stadsraad, die DA, wel kennis gedra het van die vergadering. Hulle raadslede het die voorste gestoeltes vol gesit.

Die doel van die vergadering was blykbaar om die publiek in te lig oor die begroting van die stadsraad. Hieruit het dit duidelik geword dat Krugersdorp die swaarste belas word deur die stadsraad en blykbaar ook die enigste dorp is wat wel betaal. Kagiso en Munsieville het klaarblyklik steeds 'n kultuur van wanbetaling.

Voor die vergadering het ek voorspel dat die burgermeester gaan verklaar dat die inwoners tevrede is met die stadsraad en daarom is daar nie baie mense by die vergadering nie. Dit is egter moeilik om vergaderings by te woon waarvan niemand weet nie. Hy het toe ook die uitlating gemaak.

Read more...

Is die burgermeester 'n rassis?

2:40 AM Reporter: Verkenner 0 Responses
Die burgermeester van Krugersdorp, het besluit om studiebeurse te gee aan 60 matrikulante van Krugersdorp. Slegs swart matrikulante het hierdie beurse ontvang en die dekmantel om dit slegs aan swart matrikulante te gee, was dat dit aan arm studente gegee sal word uit benadeelde gemeenskappe. Die inwoners van Burgershoop en die inwoners van die karvaanpark by Kroningspark het blykbaar nie in aanmerking gekom nie en mens kan maar net wonder of dit is omdat hulle wit is.

By die oorhandigings plegtigheid kon hy egter slegs 55 beurse oorhandig, aangesien die ander 5 persone nie opgedaag het nie. Die meeste van die begunstigdes was ook meer as 'n uur laat!

Dit is jammer dat belastinggeld spandeer moet word aan mense wat dit klaarblyklik nie waardeer nie. Dit is verder jammer dat belastinggeld gebruik word vir wat voorkom as 'n politiese voordeel. Dit wil voorkom of die burgermeester met hierdie beurse stemme "koop" binne die ANC se kieserskorps. Dit terwyl die infrastuktuur van die dorp in duie stort. Die belastinggeld is tog eerder bedoel om die infrastaktuur in stand te hou as om beurse te gee aan die ANC se kiesers.

Hierdie is ook nie die eerste keer dat die agbare burgermeester blankes uitsluit nie. Sowat 300 skoolkinders het gratis skoolklere ontvang en geen van hierdie kinders is na wat verneem word wit nie. Ook het die burgermeester verlede jaar 'n paar senior burgers op vakansie gestuur, geen van hierdie senior burgers was wit nie.

Is Krugersdorp se burgermeester 'n rassis?

Read more...

Nero speel viool, maar Rome brand!

5:27 AM Reporter: Verkenner 0 Responses
Die Krugersdorp sanitasieplaas, ook bekend as Percy Steward, is weens wan-bestuur op die voor-aand van ineenstorting. Die kapasiteit van hierdie sanitasieplaas is 27 Mega liters per dag. Op hierdie stadium hanteer die sanitasieplaas tussen 28 en 30 mega liters per dag.

Dit is reeds meer as wat die kapasiteit is, maar die saak word nog vererger deur die feit dat 'n gedeelte van die sanitasieplaas so veel onderhoud nodig het dat dit toe gemaak is. Dit het tot gevolg dat die kapasiteit tans maar 18 mega liter per dag is.

Die probleme word verder vir erger deur die onderhoud wat nodig is aan die aanleg. Basiese onderhoud word nie eers meer gedoen nie.

Die stadsraad het R2,4 miljoen begroot om die probleem aan te spreek. Werk sou begin het in 2007 en klaar gewees het teen Maart 2008. Is dit nodig dat ek se dat dit nie gedoen is nie?

Die stadsraad het wel derduisende rande spandeer aan die openbare toespraak wat die burgermeester gemaak het. Mense is met busse aan gery van die swart areas af en kunstenaars wat teen baie groot bedrae gehuur is, het die mense vermaak.

Ons kan nie toelaat dat Nero viool speel terwyl Rome brand nie!!

Read more...

Landrover Lodge nou Mogale lodge

4:29 AM Reporter: Verkenner 2 Responses

Die welbekende Landrover lodge naby die Krugersdorp Wiltuin het sy naam verander. Dat hulle nie aan 'n beter naam kon dink as "Mogale" nie, is vir my verstommend.

Dit is wel bekend dat die stadsraad in Krugersdorp bekend staan as "Mogale". Die dorp se naam is egter steeds Krugersdorp. Sou dit beteken dat hierdie "lodge" binne die stadsraad is?

Indien die begraafplaas se naam verander na "Mogale" sal enige iemand wat al probeer het om iemand by die stadsraad op die telefoon in die hande te kry kan verstaan. Alby plekke het blykbaar ewe veel dooies.

Indien jy wel iemand op die foon in die hande kry is hulle nie baie behulpsaam nie. Ek het selfs al gehoor dat hulle ongeskik is en maniere openbaar wat eerder by varke tuis hoort. Is dit hoekom dit nodig is dat daar 'n "lodge" binne die stadsraad moet wees?

Read more...

Volkskultuurdag - 31 Mei 2008

3:57 AM Reporter: Verkenner 0 Responses
Die Paardekraal pos van die Verkennersbeweging, in samewerking met verskeie ander volkskultuurorganisasies, nooi volksgenote na 'n volkskultuurdag te Paardekraalmonument op die 31ste Mei 2008. Hierdie beloof om 'n onvergeetlike dag te wees met hope pret vir oud en jonk. Boeresport, kettieskiet, perdekommando optrede, 'n de la Rey uitstalling, Boere-orkes, gaskunstenaars en 'n Volkspele vertoning is maar van die items wat op die program is. Geen volksfees sal volledig wees sonder dat daar nie ook heerlike eet-en-drink goed is nie.

Die Verkenners kamp ook vir die naweek op die terrein en persone wat belangstel om ook daar te kamp vir die naweek, is welkom om die kampkommandant vir die naweek, Sid Mann te kontak by 083 227 3260. Persone wat belangstel om tradisionele produkte uit te stal, kan ook vir Sid kontak.


Ben Geldenhuys
Voorsitter Paardekraal Verkenners

Read more...

Die ontstaan van Krugersdorp

4:45 AM Reporter: Verkenner 0 Responses
Krugersdorp het sy ontstaan te danke aan die ontdekking van goud aan die Wesrand en die proklamering van openbare delwerye op die plase Paardekraal, Vogelstruisfontein, Luipaardsvlei, Witpoortjie, Klipplaat, Heuningklip en Wilgespruit in 1886/1887. Hierdie delwerye het onder die jurisdiksie van Mynkommissaris Robert Gerrit Ockerse geval en met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog het hy oor sowat vyftig myne en delwerye toesig gehou. Die instroming van mense na die delwerye het die behoefte aan 'n dorp in die omgewing laat ontstaan. Die regering het 'n gedeelte van —Vaal Martiens“ Pretorius se plaas gekoop vir die vestiging van 'n dorp wat op sy versoek na Paul Kruger vernoem is. Die eerste 200 standplase was op 'n publieke veiling op 31 Oktober 1887 —verkoop“ onder die 99 jaar huurpagstelsel teen standlisensiegeld wat gewissel het tussen tien en vyftien sjielings 'n maand. Die dorp het slegs die omliggende goudvelde bedien. Die inwoners van die omliggende plase het vir administratiewe, militêre en regsdoeleindes in die distrikte Pretoria, Potchefstroom, Rustenburg en Heidelberg geval. Voortvloeiend uit die totstandkoming van die—distriksdorp“ in 1894, is die vestiging van
afsonderlike regeringskantore in Krugersdorp om die amptenare van die nuwe dorp te huisves. Krugersdorp is eers ná die Anglo-Boereoorlog, met die totstandkoming van die munisipaliteit, tot 'n eenheid saamgesnoer.Die oorspronklike dorpsuitleg van sowel die standplaasdorp as die distriksdorp het geen voorsiening gemaak vir die vestiging van swart mense in Krugersdorp nie. Wetgewing het ook geen duidelike riglyne gegee oor swart mense se toegang tot blanke woongebiede nie. Diegene wat hulle wel in die dorp bevind het, was daar as inwonende huisbediendes. Die meerderheid swart mense was mans wat op die delwerye in die myne gewerk het,en waar hulle in kampongs gehuisves was. Baie van hulle moes vir hulle self sorg sodat 'n swart nedersetting geleidelik op die suidwestelike periferie van die blanke dorp ontwikkel het. Die vestigingspatroon hiervan was baie onordelik.
Streng gesproke was die inwoners van die nedersetting plakkers. Die regering van die dag en die gesondheidskomitee het weinig aandag gegee aan die vestiging van die swart mense. Die nedersetting is eers in 1905 as 'n —lokasie“ geproklameer. Die eerste Indiërs het hulle in ongeveer 1897 permanent in Krugersdorp kom vestig. Die dorpsuitleg het geen voorsiening gemaak vir 'n afsonderlike woongebied vir die Indiërs nie en die blankes het hulle nie in die blanke woongebiede toegelaat nie. Die ontwikkeling van 'n Indiërwoongebied tussen die swart nedersetting en Burgershoop, is sprekend van die Indiër se denkwyse om sy besigheid naby sy klandisie te vestig. As sakemanne kon die Indiërs nie kompeteer met die blanke nie, daarom dat hulle op die armblanke en die swart mense as klandisie gefokus het. Die regering het reeds in 1896 besluit om Burgershoop steenmakerye te
ontwikkel as 'n heenkome vir —armeboeren“. Daar was dus 'n aansienlike konsentrasie armblankes in Burgershoop Krugersdorp het vanaf sy ontstaan 'n baie kosmopolitiese samestelling gehad as gevolg van
die instroming van mense uit alle uithoeke van die wêreld na die delwerye. Die spontane verdeling van die gemeenskap in sosiale klasse was veral opmerklik in die sosiale verkeer van die gemeenskap. Dit was die sogenaamde buitelanders wat op ekonomiese gebied 'n leidende rol gespeel het en as sosiale leiers die sosiaal-kulturele grondslag van Krugersdorp gelê het. Die meerderheid van die inwoners was egter van ' bestaansekonomie, hetsy as delwer, waterkardrywer, steenmaker of groentekweker, afhanklik. Werksgeleenthede was skaars en armoede onder blankes en swart mense was algemeen. Krugersdorp was met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog die enigste dorp aan die Wesrand.

Janetta du Plooy, PhD (1999) Potchefstroomse
Universiteit vir CHO,




Read more...

GESKIEDENIS VAN DIE GEREFORMEERDE KERK KRUGERSDORP

7:09 AM Reporter: Verkenner 0 Responses
KRUGERSDORP GEMEENTE is op 25 en 26 April 1896 in 'n skoolsaal op Krugersdorp gestig. Die lidmate van Hekpoort het in 1895 'n versoekskrif aan die kerkraad van die Gereformeerde Kerk op Rustenburg gestuur om as 'n selfstandige gemeente te mag afstig.

Die meeste lidmate van die Gereformeerde Kerk het in die omgewing van Hekpoort gewoon. Die Rustenburgse kerkraad het met die versoekskrif uit Hekpoort akkoord gegaan en besluit om dit aan die Algemene Vergadering voor te lê.

Die Algemene Vergadering het op 16 Maart 1896 te Heidelberg (Transvaal) byeengekom. Die versoekskrif is behandel en goedgekeur. Die Gereformeerde Gemeente moes op Krugersdorp gestig word.

Die Algemene Vergadering het verder besluit dat die predikante van Rustenburg en Potchefstroom saam met twee ouderlinge van elke gemeente 'n kommissie sou vorm om Hekpoort tot die Gereformeerde Kerk van Krugersdorp te stig.

Ds J de Ridder en ouderlinge HP Steyn en A Venter van Rustenburg, bygestaan deur ds JL Maury en ouderlinge JA Bezuidenhout en GA van der Walt van Potchefstroom, het saam met lidmate van Hekpoort op 25 en 26 April 1896 op Krugersdorp vergader.

Die Krugersdorpse Gereformeerde Gemeente sou uit die twee wyke Hekpoort en Hoëveld bestaan. Ds Ph S Snyman van Heidelberg was die eerste konsulent. Op die stigtingsvergadering is besluit "dat er viermaal des jaars volle diensten gehouden zullen worden". Dit beteken seker nagmaalsdienste. Die konsulent sou elke keer ongeveer £7 ontvang.

Die gebied van die nuwe gemeente het gestrek vanaf Krugersdorp, die Moot, Maanhaarrand (halfpad tussen Krugersdorp en Rustenburg), Randfontein tot Roodepoort. In 1902 is 'n wyk op Krugersdorp gestig.

In 1897 is DS M POSTMA (Dsn) van Middelburg (Transvaal) as predikant te Johannesburg bevestig. Hy sou ses keer in die jaar die dienste op Krugersdorp waarneem. Die gemeente het aanvanklik wyksdienste in woonhuise gehou. Tente van die Ned Geref Kerk is vir nagmaalsgeleenthede gebruik. Ander geboue is ook soms gebruik.

Die kerkraad het dit aan oudl S Potgieter opgedra om aansoek by die regering te doen om 'n skenking van grond vir die Gereformeerde Gemeente van Krugersdorp te kry. Die gevolg was dat erwe 15, 16, 17 en 136 in Distriksdorp (Krugersdorp Noord) en twee plase: "Vrye Gunst" in die distrik Piet Retief, en "Nooitgedacht" in die Rustenburgse bosveld van die regering ontvang is.

Die dorpsgrond is begrens deur Begin , Premier , Eerste en King George straat. Dit was 'n volle blok grond wat nie alleen vir 'n kerkgebou nodig was nie, maar ook ruimte moes gee waar die plaasmense hulle tente by die ossewaens kon opslaan. Veral met nagmaaltye sou die mense met ossewaens, perdekarre en perderuiters na die dorp kom. Vandag is die kerkgrond baie kleiner.

Die bou van 'n kerk het reeds in die gedagtes van die lidmate posgevat, en die boustyl van die Potchefstroomse Kerkgebou het hulle mooi en aan neemlik gevind. Op die kerkraadsvergadering van 11 Februarie 1899 is soos volg besluit: "De leeraar en kerkeraadsleden spreken echter hunne begeerte uit dat de gemeente mocht stemmen voor een kerkgebouw (zo) als het nieuwe kerkgebouw te Potchefstroom wat de eenvoudigheid en deftigheid betreft". Op 'n ander kerkraadsvergadering is besluit dat daar vyfhonderd (500) sitplekke moet wees.

Op die kerkraadsvergadering van 23 Desember 1898 is besluit om die een plaas te verkoop om geld vir die bou van 'n kerk te kry. Op die vergadering van 11 Februarie 1899 het die voorsitter 'n brief van ds Ph Snyman van Heidelberg voorgelees: "... behelzende het verblydend bericht dat Zijn Eerwaarde de plaats Vrye Gunst voor de som van £2900 (twee duisend negen honderd ponden) verkocht heeft en vragende kaart en transport daar de koop kontant is". Die vergadering het besluit om ds Ph Snyman hartlik te bedank vir "moeite en arbeid" in hierdie saak. Verder is besluit om die geld wanneer dit van ds Snyman ontvang is, vir een jaar in "de Nationale Bank te Krugersdorp zal gedeponeerd worden tegen een billijke rente".

Die kerkraad het ook besluit om die plaas Nooitgedacht, in die bosveld, te verkoop. Dit was 1400 morge groot. Op die vergadering van 31 Maart 1899 het die leraar gemeld "dat hy bericht van ds Ph Snyman heeft dat de plaats voor £3050 (drie duizend en vyftig ponden) verkocht is waarover de kerkeraad met dankzegging aan den Heere zich verblijdt". Die kerkraad het besluit om aan ds Snyman as 'n blyk van erkentlikheid 'n bedrag van £50 (vyftig ponden sterling) te skenk. Die plaas se geld moes in die Nationale Bank te Krugersdorp gedeponeer word.

Ds M Postma is in April 1897 op Krugersdorp verwelkom. Die kerkraadsnotules is in sy mooi en duidelike handskrif bewaar. Van hom staan die volgende geskrywe: "Ds Marthinus Postma was een van die merkwaardigste predikante wat die Evangelieboodskap aan die volk van Suid Afrika gebring het. Merkwaardig nie alleen omdat hy meer as vyftig jaar dienende was nie, maar veral merkwaardig weens sy beskeie en koersvaste persoonlikheid en edele karakter ...". Later meer oor hom.

Die kerkraadsvergadering van 11 Februarie 1899 het onder andere 'n verslag van afgevaardigdes na die Algemene Vergadering bespreek. Die volgende het die aandag geniet:



Drie nuwe gemeentes is gestig.
Die kerk brei uit na die noorde.
Om sending onder die Jode in Johannesburg geldelik te steun.
Die handhawing van tug veral in die geval van dans.
'n Kommissie moet saam met 'n kommissie uit die kerkraad van Potchefstroom na Makwassie gaan om daar 'n gemeente te stig.

Die notule van die kerkraadsvergadering van 16 Desember 1899 meld die volgende in artikel 2: "De leeraar spreekt een ernstig en gemoedelyk woord tot den Kerkraad er op wyzende dat de oorlog tusschen Engeland en de beide Republieken de Z.A. Republiek en den Oranje Vrijstaat in de maand October uitgebroken is. Door Gods genade mogen wij ons verheugen in verschillende overwinningen aan onze zijde ...".

Ds M Postma was ook vir meer as twee jaar 'n krygsgevangene en is later op parool vrygelaat. Hy het toe in Oos London onderwys gegee om sy gesin te versorg. Op die kerkraadsvergadering van 31 Julie 1902 was hy terug in die gemeente en het hy met groot dankbaarheid melding gemaak van die genade van die Vader in die Hemel.

Die notules van die kerkraadsvergadering van 11 Februarie 1899 en 31 Maart 1899 meld dat die twee plase wat aan Krugersdorp se Gereformeerde Gemeente behoort het, vir £2900 en £3050 verkoop is. Daar was derhalwe voldoende geld om die ideaal van 'n kerkgebou sonder skuld te verwesenlik. Daar word ook melding gemaak van aansoeke om finansiële hulp vir armes en hulpbehoewendes. Lidmate het gedurende die oorlog geld van die kerkraad geleen.

Die geld wat ds Ph Snyman toegewys is vir die verkoop van die twee plase, naamlik £50, is na sy dood aan tifuskoors op die oorlogsveld, aan sy weduwee uitbetaal.

Op die kerkraadsvergadering van 9 September 1899 doen die ouderlinge verslag van die getal lidmate in die gemeente, naamlik 212 lidmate en 482 siele, soos dit genoem is. Daar is ook dertig almanakke bestel. Die ouderlinge maak melding van drie skole met 128 leerlinge en gee ook die name van die onderwysers.

Die notule van 16 Desember 1899 meld dat die nagmaal van Oktober as gevolg van die oorlogstoestand uitgestel moes word. Dit is in Desember gehou, en daar word gemeld dat die ouderlinge hulle wyke soveel as moontlik besoek het. Probleme word gemeld en bespreek. Daar is egter ook op Hekpoort en Rietfontein nagmaal gevier.

Op die kerkraadsvergadering van 17 Februarie 1900 is o.a. besluit om tydens die April nagmaal ook "aanneming te houden" (belydenis van die geloof af te lê). Ds M Postma maak melding van die oorlogstoestande en gee besonderhede daaroor op die vergadering van die kerkraad van 30 Maart 1900. Hy praat oor die oorgawe van genl Cronjé en die afsterwe van genl PJ Joubert en oor die inname van Bloemfontein deur die Engelse.

Die notule meld verder: "De leeraar wyst er op dat deze beproevingen in de oorlog ons moeten verootmoedigen van onze zonden, maar dat wij des te vinniger en gelowiger tot God onzen Redder en Verlosser moeten roepen ... de Heere genadiglyk onze gebeden zal verhoren en op Zynen tyd en Zyne wyze ons volk verlossen ...".

Die gedagtes wat ds M Postma op die kerkraadsvergadering uitgespreek het, het blykbaar nie net tussen die vier mure van die gebou gebly nie. Dit het rugbaar geword en die dominee het 'n krygsgevangene geword en is twee jaar in Oos Londen aangehou. Dit was 'n moeilike tyd vir hom en sy gesin.

Ds D Postma van Rustenburg het af en toe die gemeente op Krugersdorp besoek en die kerksake behartig. Dit het hy in die dorp sowel as in die distrik en in die oorlogskampe getrou gedoen.

Op 27 Julie 1902 was ds M Postma weer terug in sy gemeente op Krugersdorp. Op die kerkraadsvergadering van 31 Julie 1902 het hy hartlike woorde van verwelkoming tot ds D Postma en die kerkraadslede uitgespreek "wyzende op die groote genade van den trouwen Verbonds God dat zy nog allen leefden na dezen vreeslyken oorlog ... en opwekkende tot innige dankbaarheid aan onzen genadigen Verbonds God ...".

Teenoor ds D Postma spreek hy 'n hartlike woord van dank "... voor zyne trouwe, ernstige prediking en groote opofferingen voor de gemeente van Krugersdorp". Dit was 'n genade beskikking van die Hemelse Vader dat ds D Postma in Krugersdorp kon gewerk het in die tyd van beproewing. Op hierdie vergadering is ook verslag gedoen omtrent die geldsake van die gemeente.

Dit is opmerklik dat in notules van die kerkraadsvergaderinge daar melding gemaak word dat die leraar verskillende artikels van die Dordtse Kerkorde voorgelees het. So staan daar by die vergadering van 11 Februarie 1899: "Door de Praeses (voorsitter) worden voorgelezen uit de Dordsche Kerkenorde artt 29 40". Geen kommentaar word dan verder daaromtrent gelewer nie. Tog was dit leiding en lering.

KERKBOU! Die kerkraad het onder die bekwame en energieke leiding van ds M Postma besluit om met die bou van die kerk en die pastorie 'n begin te maak, nieteenstaande die geldelike sake van die gemeente nie rooskleurig was nie. Daar was net £1530 in die bank.

Gedurende die Driejarige Oorlog (1899 1902) is daar talle aansoeke by die kerkraad aangemeld waar lidmate van die gemeente geldelike hulp gevra het. Die nood was werklik hoog, want baie mans het na die kommando's gegaan terwyl sommige as krygsgevangenes na Ceylon en ander plekke gestuur is. Aansoeke om hulp is ook uit die groot konsentrasiekamp op Krugersdorp ontvang.

Die kerkraad het verslae en dokumente omtrent die lenings op meer as een vergadering deeglik in oënskou geneem en daar is besluit om dit aan die betrokke persone en instansies te skenk.

Met die aanvang van die bouwerk was daar net £1530 in die bank beskikbaar. Die beraamde koste vir die bouwerk was £2200. Toe die geboue in 1903 voltooi is, het die boukoste egter op £5660 te staan gekom! Die redes vir die swak toedrag van sake is nie in besonderhede bekend nie. Tog was daar een en ander aanduiding van swak toesig by die bouery want o.a. is gemeld dat daar 28 000 (agt en twintig duisend) stene oortollig was toe die bouwerk klaar was.

Die gemeente moes met 'n groot geldelike las sukkel en dit is eers in die vroeë twintigerjare alles betaal. Die hoeksteen is op 16 Julie 1903 gelê en die kerkgebou is in Mei 1904 in gebruik geneem. Die 13e tot die 15e van daardie merkwaardige maand was vreugdevolle dae vir die Krugersdorpse gemeente. Daar was 'n groot aantal waens en tente op die kerkgrond wat twee maal so groot was as die huidige.

Daar was om tienuur die oggend 'n skare mense voor die kerkgebou. Verteenwoordigers en belangstellendes van ander kerke en die landdros het ook hulle opwagting by die ingang gemaak. Die voorsitter van die boukommissie, oudl JG Celliers, het die kerkdeur oopgesluit en daarna het die oudste ouderling, oudl. S Potgieter, die Statebybel op die kansel geplaas.

Nadat die aanwesiges die kerkgebou baie ordelik binnegegaan het, het ds M Postma na aanleiding van 1 Petrus 5:5 soos volg gepreek: "Zoo word gij ook zelven als levende steenen gebouwd tot een geestelyke huis", en die aanwesiges ernstig vermaan om lewende lede van Christus Jesus se gemeente te wees.

Op 'n gemeentevergadering is dié middag ds D Postma van Burgersdorp as leraar van die Krugersdorpse gemeente beroep. Hy is op 14 Januarie 1905 in die gemeente bevestig.

Tydens die ingebruikneming van die kerkgebou het mnr G Kinnear, 'n plaaslike handelaar, 'n doopbak aan die gemeente geskenk. In September 1905 is 'n orrel vir £50 van mnr J Botha gekoop.

Die kerkraad het op een van sy vergaderings besluit "... by elke geleentheid waar zij in hun functie optreden, zij dat in hun ambtsgewaad zullen doen ...".


http://www.gkkrugersdorp.co.za/geskiedenis.htm

Read more...

Die Jamesoninval

12:42 PM Reporter: Verkenner 0 Responses
Leander Starr Jameson

Die Jamesoninval van 1895/96 in die ZAR was die gevolg van 'n sameswering tussen lede van diegoudmynmagnate aan die Rand, die sogenaamde Reform Committee, teen die regering van die dag. Goud het ongekende voorspoed vir die Republiek gebring, maar ook 'n vloedgolf uitlanders wat op die lange duur ontevrede was met die wyse waarop die regering hulle belange hanteer en beskerm het. In die lig van hierdie groeiende
ontevredenheid het Cecil John Rhodes, een van die goudmagnate, 'n geleentheid gesien om sy ideaal tot Ryksuitbouing te verwesenlik. Die invalsmag het op die Betchuanaland (Botswana) grens by Pitsani saamgetrek en die nag van 29 Desember 1895 die Zuid-Afrikaansche Republiek ingeval. Die opmars na Johannesburg het aanvanklik sonder teenslag vinnig gevorder tot in die omgewing van Krugersdorp.

Hier het die Boerekommando‘s vir die eerste keer teenstand gebied, omdat die dorp oënskynlik deur die invalsmag bedreig was, alhoewel Jameson by herhaling gesê het dat hy nie die land betree met vyandelike bedoelings nie, maar omdat hy reageer
op 'n uitnodiging van vooraanstaande inwoners aan die Rand om hulle te help om geregtigheid te laat geskied. Desnieteenstaande het hy 'n berig aan Krugersdorp gestuur dat hy die dorp sal bombardeer indien die Boerekommando‘s poog om die inval te stuit. Die invalsroete het vir die grootste deel oor 'n ylbewoonde, gelyk gebied gestrek. Die onbewoonde oop vlaktes van die Wes-Transvaal het aanval en verdediging bemoeilik. Die heuwelagtige omgewing naby Krugersdorp het hom beter geleen tot 'n offensief teen die invalsmag.

Dit was waarskynlik 'n belangrike oorweging waarom die Boerekommando‘s vir die eerste keer by die Queens Battery Gold Mine wes van Krugersdorp met die invalsmag slaag geraak het. Na die nederlaag by die Queens Battery het die invalsmag suidwaarts in die rigting van Randfontein teruggeval, waar hulle in die nag oor die spoorlyn is in die hoop om die volgende dag aansluiting te vind by die Potchefstroom- Johannesburg Koetsroete. Jameson het egter gou uitgevind dat die roete van sy mag deur die Boere gedikteer word. Al vegtende het hulle hom in 'n posisie ingedwing waaruit hy nie kon kom nie. Jameson was uiteindelik verplig om op 2Januarie 1896 op die plaas Vlakfontein aan Generaal Cronje oor te gee. Nadat die invalsmag op Vlakfontein gevange geneem is, is hulle na Krugersdorp geneem waar hulle met —rough consideration“ op die Markplein van voedsel voorsien is voor Cronje besluit het om die invalsmag na Pretoria te stuur.

Die Jamesoninval het nie die einde van die—uitlanderkwessie“ vir die Zuid-Afrikaanse Republiek beteken nie. Alhoewel die regering deur die gebeure gedwing is om sekere toegewings aan die uitlanders te maak, het die inval andersyds as 'n stimulus gedien wat tot groter politieke betrokkenheid deur die uitlanders gelei het. Die Jamesoninval het alle pogings om 'n Suid-Afrikaanse federasie van state op 'n vreedsame wyse tot stand te bring, die nek ingeslaan. Die Jamesoninval was 'n belangrike mylpaal op die pad na oorlog. Dit was duideliker as ooit tevore dat die onafhanklikheid van die republiek bedreig was, en die Kruger-regering het dus op groter skaal begin bewapen.

Read more...

Krugersdorp Oorlogmonument

12:20 PM Reporter: Verkenner 0 Responses

Die Oorlogmonument is onthul deur Sir Abe Bailey op die 15 Julie 1922. Die name van die gesneuweldes van die eerste-en tweedewereldoorlog is bygevoeg in 1975.

Read more...

Voortrekkerweg Monument

11:41 AM Reporter: Verkenner 1 Response


In 1938, met die 100 jarige herdenking van die Groottrek, het ossewaens van reg oor die land opgeruk na waar die Voortrekkermonunet vandag staan. Hierdie ossewaens het by verskeie dorpe aan gedoen, ook Krugersdorp.

Tydens die besoek aan Krugersdorp, was daar by drie plekke aan gedoen.

1. Pretoriuskraal - Waar M.W Pretrorius sy perde aan gehou het.


2. Sementspore is gele by die Paardekraalmonument en 'n monument is ook daar opgerig.
3. 'n Monument is opgerig lanks Voortrekkerweg en hierdie pad het ook sy naam gekry.

Op 2 Desember 1938 is die blou granietsteen Monument ingehuldig waarna Mnr J Botha (Oom Jaap) 'n kort toespraak gelewer het voor die waens verder getrek het.

Read more...

video

My Blog List