Subscribe to Zinmag Tribune
Subscribe to Zinmag Tribune
Subscribe to Zinmag Tribune by mail

Landrover Lodge nou Mogale lodge

4:29 AM Posted by Verkenner

Die welbekende Landrover lodge naby die Krugersdorp Wiltuin het sy naam verander. Dat hulle nie aan 'n beter naam kon dink as "Mogale" nie, is vir my verstommend.

Dit is wel bekend dat die stadsraad in Krugersdorp bekend staan as "Mogale". Die dorp se naam is egter steeds Krugersdorp. Sou dit beteken dat hierdie "lodge" binne die stadsraad is?

Indien die begraafplaas se naam verander na "Mogale" sal enige iemand wat al probeer het om iemand by die stadsraad op die telefoon in die hande te kry kan verstaan. Alby plekke het blykbaar ewe veel dooies.

Indien jy wel iemand op die foon in die hande kry is hulle nie baie behulpsaam nie. Ek het selfs al gehoor dat hulle ongeskik is en maniere openbaar wat eerder by varke tuis hoort. Is dit hoekom dit nodig is dat daar 'n "lodge" binne die stadsraad moet wees?
You can leave a response, or trackback from your own site.

2 Response to "Landrover Lodge nou Mogale lodge"

  1. Anna Said,

    Kan ek net asb gou n eiertjie hier le...? Wat n goor plek is die "nuwe" lodge nie! Vat nogal my ma vir moedersdag soontoe, maar julle, wat n disaster!!! Ondersteun maar eerder die kafee op die hoek...

    Posted on May 17, 2008 at 1:12 PM

     
  2. Anonymous Said,

    I don't know about the service at Mogale Lodge but I do know that they do not pay their musicians. The booked a musician I know for live entertainment which he provided and then just didn't pay him. It's been over two months now.

    Posted on May 5, 2009 at 6:05 AM

     

video

My Blog List