Subscribe to Zinmag Tribune
Subscribe to Zinmag Tribune
Subscribe to Zinmag Tribune by mail

Nero speel viool, maar Rome brand!

5:27 AM Posted by Verkenner
Die Krugersdorp sanitasieplaas, ook bekend as Percy Steward, is weens wan-bestuur op die voor-aand van ineenstorting. Die kapasiteit van hierdie sanitasieplaas is 27 Mega liters per dag. Op hierdie stadium hanteer die sanitasieplaas tussen 28 en 30 mega liters per dag.

Dit is reeds meer as wat die kapasiteit is, maar die saak word nog vererger deur die feit dat 'n gedeelte van die sanitasieplaas so veel onderhoud nodig het dat dit toe gemaak is. Dit het tot gevolg dat die kapasiteit tans maar 18 mega liter per dag is.

Die probleme word verder vir erger deur die onderhoud wat nodig is aan die aanleg. Basiese onderhoud word nie eers meer gedoen nie.

Die stadsraad het R2,4 miljoen begroot om die probleem aan te spreek. Werk sou begin het in 2007 en klaar gewees het teen Maart 2008. Is dit nodig dat ek se dat dit nie gedoen is nie?

Die stadsraad het wel derduisende rande spandeer aan die openbare toespraak wat die burgermeester gemaak het. Mense is met busse aan gery van die swart areas af en kunstenaars wat teen baie groot bedrae gehuur is, het die mense vermaak.

Ons kan nie toelaat dat Nero viool speel terwyl Rome brand nie!!
You can leave a response, or trackback from your own site.

0 Response to "Nero speel viool, maar Rome brand!"

video

My Blog List