Subscribe to Zinmag Tribune
Subscribe to Zinmag Tribune
Subscribe to Zinmag Tribune by mail

Is die burgermeester 'n rassis?

2:40 AM Posted by Verkenner
Die burgermeester van Krugersdorp, het besluit om studiebeurse te gee aan 60 matrikulante van Krugersdorp. Slegs swart matrikulante het hierdie beurse ontvang en die dekmantel om dit slegs aan swart matrikulante te gee, was dat dit aan arm studente gegee sal word uit benadeelde gemeenskappe. Die inwoners van Burgershoop en die inwoners van die karvaanpark by Kroningspark het blykbaar nie in aanmerking gekom nie en mens kan maar net wonder of dit is omdat hulle wit is.

By die oorhandigings plegtigheid kon hy egter slegs 55 beurse oorhandig, aangesien die ander 5 persone nie opgedaag het nie. Die meeste van die begunstigdes was ook meer as 'n uur laat!

Dit is jammer dat belastinggeld spandeer moet word aan mense wat dit klaarblyklik nie waardeer nie. Dit is verder jammer dat belastinggeld gebruik word vir wat voorkom as 'n politiese voordeel. Dit wil voorkom of die burgermeester met hierdie beurse stemme "koop" binne die ANC se kieserskorps. Dit terwyl die infrastuktuur van die dorp in duie stort. Die belastinggeld is tog eerder bedoel om die infrastaktuur in stand te hou as om beurse te gee aan die ANC se kiesers.

Hierdie is ook nie die eerste keer dat die agbare burgermeester blankes uitsluit nie. Sowat 300 skoolkinders het gratis skoolklere ontvang en geen van hierdie kinders is na wat verneem word wit nie. Ook het die burgermeester verlede jaar 'n paar senior burgers op vakansie gestuur, geen van hierdie senior burgers was wit nie.

Is Krugersdorp se burgermeester 'n rassis?
You can leave a response, or trackback from your own site.

0 Response to "Is die burgermeester 'n rassis?"

video

My Blog List