Subscribe to Zinmag Tribune
Subscribe to Zinmag Tribune
Subscribe to Zinmag Tribune by mail

Volkskultuurdag - 31 Mei 2008

3:57 AM Posted by Verkenner
Die Paardekraal pos van die Verkennersbeweging, in samewerking met verskeie ander volkskultuurorganisasies, nooi volksgenote na 'n volkskultuurdag te Paardekraalmonument op die 31ste Mei 2008. Hierdie beloof om 'n onvergeetlike dag te wees met hope pret vir oud en jonk. Boeresport, kettieskiet, perdekommando optrede, 'n de la Rey uitstalling, Boere-orkes, gaskunstenaars en 'n Volkspele vertoning is maar van die items wat op die program is. Geen volksfees sal volledig wees sonder dat daar nie ook heerlike eet-en-drink goed is nie.

Die Verkenners kamp ook vir die naweek op die terrein en persone wat belangstel om ook daar te kamp vir die naweek, is welkom om die kampkommandant vir die naweek, Sid Mann te kontak by 083 227 3260. Persone wat belangstel om tradisionele produkte uit te stal, kan ook vir Sid kontak.


Ben Geldenhuys
Voorsitter Paardekraal Verkenners
You can leave a response, or trackback from your own site.

0 Response to "Volkskultuurdag - 31 Mei 2008"

video

My Blog List