Subscribe to Zinmag Tribune
Subscribe to Zinmag Tribune
Subscribe to Zinmag Tribune by mail

"Geheime" openbare vergadering.

9:56 AM Posted by Verkenner
Op Dinsdag die 13de Mei 2008 het die stadsraad 'n openbare vergadering gehou in Wes-Krugersdorp by die Paul Kruger-saal. Dit het voor gekom as 'n geheime vergadering, aangesien die publiek nie in kennis gestel is van die vergadering nie.

Dit wil voorkom of een van die ANC se vennote in die stadsraad, die DA, wel kennis gedra het van die vergadering. Hulle raadslede het die voorste gestoeltes vol gesit.

Die doel van die vergadering was blykbaar om die publiek in te lig oor die begroting van die stadsraad. Hieruit het dit duidelik geword dat Krugersdorp die swaarste belas word deur die stadsraad en blykbaar ook die enigste dorp is wat wel betaal. Kagiso en Munsieville het klaarblyklik steeds 'n kultuur van wanbetaling.

Voor die vergadering het ek voorspel dat die burgermeester gaan verklaar dat die inwoners tevrede is met die stadsraad en daarom is daar nie baie mense by die vergadering nie. Dit is egter moeilik om vergaderings by te woon waarvan niemand weet nie. Hy het toe ook die uitlating gemaak.
You can leave a response, or trackback from your own site.

0 Response to ""Geheime" openbare vergadering."

video

My Blog List