Subscribe to Zinmag Tribune
Subscribe to Zinmag Tribune
Subscribe to Zinmag Tribune by mail
Oom Paul
DA-oor-vingers-getik
Skoon-water
Die-burgermeester

Die-Jameson-inval

Die-Jameson-inval
Jameson

landroverlodge-nou-mogale-lodge

polities korekte naamsverandering wat nie sin maak nie
Landroverlodge nou Mogale lodge

Nero-speel-viool-maar-Rome-brand

Probleme weens wanbestuur
Percy-Stewart

Krugersdorp Stadsaal

Krugersdorp Stadsaal
Krugersdorp Stadsaal

Paardekraal Monument

Geskiedenis van die ontstaan van die Paardekraal Monument
Paardekraal Monument

DA oor vingers getik

In die Krugersdorp Nuus van 12 Desember 2008 verskyn 'n media verklaring van die Paardekraal Verkenners. In die verklaring maak die Paardekraal Verkenners ten sterkste beswaar teen die onwaarhede wat die DA in die vorige week se Krugersdorp Nuus geplaas het. Lees verder...

Paardekraal Verkenners

Besoek gerus die Paardekraal Verkenners deur hier te klik.

Skole nuus

Besigheid van die week

Die besigheid van die week.

Swaardmoordenaar in hof op Krugersdorp

11:59 PM Reporter: Verkenner 0 Responses
Donderdag, 29 Januarie 2009
Digg!

Die beweerde swaardmoordenaar, Morne Harmse het Woensdag in die Krugersdorpse landdroshof verskyn. Die akte van beskuldiging is aan hom oorhandig, terwyl hy dit sonder emosie ontvang het.

Harmse, wat klaarblyklik 'n samoerai-swaard gehad het en 'n masker gedra het, staan daarvan beskuldig dat hy die 16-jarige Jacques Pestorius vermoor het by die Nic Diederichs Tegniese hoërskool op 18 Augustus 2008.

Hy het ook klaarblyklik 'n ander leerling en twee tuiniers gesteek en gewond. Harmse se saak gaan nou in die Johannesburgse Hooggeregshof verhoor word.

Harmse word aangekla van moord en poging tot moord.

Gedurende sy laaste hofverskyning in November verlede jaar het Dolph Jonker, prokureur vir die verdediging aan joernaliste gesê dat 'n borgaansoek vir Harmse laat vaar is, omdat dit nie sou slaag nie.

"Daar is nie baie hoop vir borg nie, maar miskien in die toekoms," het Jonker gesê.

Op daardie stadium was Harmse beskryf as dat hy in 'n goeie gemoed was, en dat hy "meer spraaksaam" was.

Voorheen het Harmse twee maande se sielkundige evaluasie ondergaan by Sterkfontein hospitaal, waarna hy geskik verklaar is op tereg te staan.


http://praag.co.za/content/view/4109/402/

Read more...

DA oor vingers getik

11:50 PM Reporter: Verkenner 0 Responses

In die Krugersdorp Nuus van 12 Desember 2008 verskyn 'n media verklaring van die Paardekraal Verkenners. In die verklaring maak die Paardekraal Verkenners ten sterkste beswaar teen die onwaarhede wat die DA in die vorige week se Krugersdorp Nuus geplaas het.

Die DA het in die koerant berig beweer dat twee van hulle lede die Bloedrivier 170 kakebeenwa begelei het en met die berig die persepsie geskep dat die aksie gereël is deur die DA.

In reaksie hierop het die Paardekraal Verkenners enige DA raadslid as persona non grata verklaar by Afrikaner kultuur dae gereël deur die Paardekraal Verkenners. Volgens die verklaring kan die DA nie met die waarheid vertrou word nie en gaan die Paardekraal Verkenners nie toelaat dat die Afrikaner se kultuurerfenis as goedkoop politiek gebruik word nie.

Read more...

Geloftefees by Paardekraal

11:49 PM Reporter: Verkenner 1 Response

Read more...

Moleste by Kroningspark

10:45 PM Reporter: Verkenner 0 Responses





Hettiën Strauss

Inwoners van Krugersdorp is goed die josie in ná twee “partytjies” by Kroningspark in Krugersdorp wat glo “alle munisipale regulasies” oortree het.

Saterdag se geleentheid om 12:00 in Kroningspark is deur die Gautengse departement van vervoer, paaie en openbare werke gehou om ’n “ondersteunersparkkultuur” vir sokkergeesdriftiges te skep met die oog op volgende jaar se Konfederasiebeker en 2010 se Wêreldbekersokker.

“Niemand is verhewe bo die reg nie,” sê Kobus de Beer, woordvoerder vir infrastruktuur en openbare veiligheid van die portefeuljekomitee van die Mogale City-munisipaliteit. Hy is ook raadslid van die Wes-Randse distriksmunisipaliteit wat jurisdiksie oor Mogale City het.

“Dit is onaanvaarbaar vir belastingbetalers wanneer hul privaatheid aangetas en rus verstoor word. Daar bestaan munisipale regulasies, maar dit word nie toegepas nie.

“Tydens die beach party van sowat drie weke gelede, moes mense toegangsgeld betaal. Toe het duisende mense oral óm die park hul eie partytjie in die strate en voor inwoners se huise gehou. Ons het inwonerklagtes op skrif wat sê hul opritte is as partytjieplekke gebruik en sommige kon nie eers by hul eie huise of erwe uit of in nie.

“Ander inwoners het skriftelik gekla omdat gebreekte bierbottels oor hul heinings gegooi is.

“Die klankstelsel was oorverdowend. Inwoners meen die munisipaliteit kan selfs vir rusverstoring aangekla word,” sê hy.

Kroningspark is Saterdag omskep in ’n ondersteunerspark waar ’n grootskermtelevisie opgerig is. Toegang was gratis en later die middag kon aanhangers ook na verskeie orkeste luister.

Jan Vermeulen van Monumentpark sê hy kon Saterdagaand sowat vyf blokke verder steeds die “doef-doef” van die musiekklanke hoor.

“As dít ’n voorsmakie is van wat dié ondersteunersparke vir ons gaan inhou, sien ek nag!”

Rdl. Dennis Pretorius, inwonerswoordvoerder, sê hoewel baie sake nog onaanvaarbaar is, het “dinge” Saterdag reeds met sowat 50% verbeter. Hy sê ná die beach party het inwoners ’n beswaarskrif opgestel en die munisipaliteit versoek om die reg sonder uitsondering toe te pas.

“Inwoners het onder meer kapsie gemaak teen die geraas, dronk mense op straat en dié aanhangers wat nie binne die perke van die munisipale wetgewing optree nie.”

Volgens hom het hulle verlede Vrydag reeds met belanghebbendes op alle regeringsvlakke in gesprek getree. “Die reaksie lyk bemoedigend.”

Bongani Gaeje, woordvoerder van Mogale City, sê Saterdag se byeenkoms in Kroningspark was ’n aanvoorprojek van die Gautengse regering in samewerking met Mogale City-munisipaliteit.

“Daar is drie verskillende plekke vir ondersteunersparke in Krugersdorp met die oog op 2010 geïdentifiseer.

“Dit is die parkeerterreine by Spar, die President Hyper en Bob van Reenen-stadion.

“Kroningspark is ’n openbare park wat aan almal van Mogale behoort. Daar is nie meer ruimte vir bekrompenheid nie,” het Bongani gesê.

Read more...

‘Ons dring nóú aan op skoon water,’ sê mense by spruit en sytak

10:27 AM Reporter: Verkenner 0 Responses




Elise Tempelhoff



Krugersdorp. – Hoewe-eienaars en sakelui wat woon langs die Tweelopiespruit en sy sytak, die Blaauwbankspruit, het gister hier by ’n vergadering by die regering aangedring op skoon water omdat hulle en hul werkers glo van die besoedeling siek word.

Verteenwoordigers van ’n groot bankgroep, wat anoniem wil bly, het gesê hulle (die bank) besit ’n “luukse kleinhoewe” langs die Blaauwbankspruit naby die Sterkfonteingrotte en dat hulle groot verliese weens die besoedelde water ly.

Hulle hou opleidingsessies by die kleinhoewe en is “geheel en al” afhanklik van die water in die besoedelde Blaauwbankspruit. Hulle probeer hul drinkwater suiwer, maar kry nie al die besoedelstowwe daaruit verwyder nie.

“Daar is daagliks mense wat hier siek word. Ons dring nóú aan op skoon water,” het een verteenwoordiger van die groep aan mnr. Marius Keet, adjunk-direkteur van watergehalte by die departement van waterwese en bosbou, gesê.

Keet het aan hom gesê geen rivierwater in Suid-Afrika is drinkbaar nie. “Inteendeel, geen rivierwater in die wêreld kan gedrink word nie,” het Keet gesê.

Die bankverteenwoordiger het gesê hy het swere gekry nadat sy arm en hand met die water in die Blaauwbankspruit in aanraking was. Sy mediese koste het glo “duisende rande” beloop.

Me. Bobby Bain, wat naby die Sterkfonteingrotte woon en van die Blaauwbankspruit vir water afhanklik is, het gesê sy, haar gesin en werkers is gedurig siek.

Volgens Keet is daar ’n groot veldtog aan die gang om mense in dié opvangsgebied van die Krokodilrivier-gebied teen die besoedelde water te waarsku. (Dit sluit onder meer die Tweelopie-, Riet- en Blaauwbankspruit in).

Bain het voorts gesê sy het onlangs eers gehoor die water in die riviere in die omgewing is met myn-, riool- en nywerheids-afval besoedel. Sy en haar gesin het ’n waterfilter, maar selfs dít kan nie die besoedelstowwe uithaal nie. Haar werkers is ook gedurig siek.

Mnr. Jaco Schoeman, voorsitter van die WitwatersWestern Basin Environmental Corpora-tion (WBEC) het by die vergadering gesê dié maatskappy wat in ’n vennootskap met Harmony Gold is, laat tans omgewingsimpakstudies doen vir die oprig van ’n aanleg wat suur mynwater gaan suiwer.

Sowat 15 megaliter suur mynwater borrel tans in die opvangsgebied van die Tweelopiespruit sowat 100 m suidoos van die Krugersdorpwildtuin uit.

Die WBEC voeg daagliks 15 t kalk by die water (om die suurgehalte te verbeter) en laat dit dan in die omgewing vry.

Die WBEC gaan binne twee jaar daagliks 75 megaliter suur mynwater uit die hele Witwatersrand (die westelike, sentrale en oostelike kom) pomp en gedeeltelik suiwer. Die plan is om dié “halfgesuiwerde” water dan sowat 200 km noordwes te pomp sodat die platinummyne in Rustenburg dit kan gebruik.

Read more...

Swaardseun vra nie borg

3:05 AM Reporter: Verkenner 0 Responses



Amanda Roestoff
Die vooruitsig dat 'n aansoek om borgtog nie suksesvol sou wees nie is die rede waarom die vermeende swaardmoordenaar, Morné Harmse (18), ná konsultasie met sy regsverteenwoordiger die aansoek van die hand gewys het.

Só het mnr. Dolph Jonker, Harmse se prokureur, na sy verskyning voor landdros Keith Page in die streekhof op die dorp gesê.

Harmse, wat daarvan beskuldig word dat hy Jacques Pretorius (16) op 18 Augustus by die HTS Nic Diederichs met 'n swaard doodgekap het, bly steeds in aanhouding.

Me. Micky Tessner, staatsaanklaer, het versoek dat die saak na die Direkteur van Openbare Vervolging (DOV) verwys moet word om te beslis of die Harmse in die streekhof op die dorp en of in die Johannesburgse Hooggeregshof verhoor sal word.

Die hof het op 24 Oktober beslis Harmse ly aan geen geestesiekte of intellektuele gebrek nie.

Harmse staan benewens die aanklagte van moord op Pretorius, ook tereg op drie ander aanklagte van poging tot moord, nadat hy glo Stephan Bouwer (18), 'n gr.11-leerling, op die kop gekap en mnre. Joseph Kodisang (26) en Sam Namamela (43) wat Morné se aanval wou afweer, onderskeidelik op die oor en wang en op die arm gekap het.

Harmse het op die dag van die aanval 'n masker van die heavy metal-groep Slipknot in sy skoolsak skool toe gevat.

Hy het dit glo voor die aanvalle opgesit.

Mev. Adel Pretorius (34), ma van die vermoorde seun, het gister in die voorste ry van die hof langs vyf ander familielede gesit. Sy het deurentyd met haar hand onder haar ken voor haar uitgestaar.

Mnr. Machiel en mev. Liza Harmse, die beskuldigde se ouers, het 'n in die bank agter die Pretorius-familie gesit.

Landdros Page het die saak tot 28 Januarie 2008 uitgestel.

Read more...

Dis die seisoen van moord en roof

5:03 AM Reporter: Verkenner 0 Responses
Inwoners van Krugersdorp word vermaan om kennis te neem dat die "feesseisoen" blykbaar vroeg aangebreek het vir die rampokkers. Dit is wel bekend dat die rampokkers hulle bedreiwighede verhoog tydens die feesseisoen en hierdie jaar het dit reeds begin.

Op Maandag oggend 3 November 2008 het 'n bende rampokkers die Clearwater winkelsentrum in Roodepoort gewapen binnegestorm en drie juwelierswinkels beroof.

Op die N1 snelweg is ook gepoog om 'n kontant in transito voertuig te beroof. Hierdie rampokkers was egter onsuksesvol.

Ons kan maar verwag dat hierdie "misdaad" sal oorspoel na die woongebiede en dus is dit in u eie belang om paraad te wees.

Read more...

Met klippe oor die kop

11:16 PM Reporter: Verkenner 0 Responses
Amanda Roestoff

Krugersdorp. – Die seun van ’n bekende melkboer in Sterkfontein, buite dié dorp, is eergisteraand deur ’n bende gewapende rowers met ’n klip oor die kop platgeslaan en toe doodgeskiet.

Mnr. Loffie van der Gryp (48), seun van mnr. Piet van der Gryp, bekende suiwelprodusent aan die Wes-Rand, is omstreeks 23:00 vermoor.

Dit nadat 12 gewapende rowers op Sterkfontein-melkery, die familieboerdery reg langs die Greensleeves-restaurant op die R563-roete na Hekpoort en Meropeng, toegeslaan het.

Van der Gryp jr. was dié melkery se bestuurder.

Mev. Salomé Henning (35), die oorledene se skoonsuster, sê haar swaer het elke aand sowat 150 m van die hoofhuis na die melkery gestap om die yskaste na te gaan.

Rowers het vermoedelik uit die bosse op hom toegesak en hom buite die melkery se kantoor oorval.

Hy is vasgebind en glo met vuurwapens en klippe oor die kop geslaan in die rowers se poging om toegang tot die kluis te kry.

Van der Gryp jr. se vrou, Linda (46), sy seuns, Bennett (23) en Roelof (21), en sy dogter, Leandré (17), ’n gr. 10-leerling aan die Hoërskool Monument op Krugersdorp, is in die huis oorval. Mev. Van der Gryp is volgens haar suster “kalm gedwing om aan te trek” en moes met ’n vuurwapen teen haar kop die rowers na haar kinders se slaapkamers vergesel. Almal is met skoenveters en drade vasgebind. Komberse is oor hul koppe gegooi.

Past. Boer Booysen (65) van die AGS-gemeente in Krugersdorp-Wes wat in een van die drie huise op die perseel woon, het ná 22:30 ná ’n vergadering by die huis opgedaag en onraad vermoed toe hy ’n lig in die kantoor sien brand het.

Booysen het met sy vuurwapen en ’n flits gaan ondersoek instel.

Hy het ’n hand by die kantoor sien uitsteek. Toe word daar op hom geskiet.

“Ek het gevoel hoe dit (die koeël) soos ’n kam deur my hare vleg en by my oor verby fluit!”

’n Oor-en-weer-skietery het uitgebreek. Dis toe dat die rowers Van der Gryp jr. glo met ’n klip oor die kop platgeslaan en hom in die bors geskiet het voordat hulle gevlug het.

Booysen se seun, Jaco (43), wat in die derde huis op die perseel woon, het van die skote na buite gestorm. Hy het sy pa langs die pad na die Van der Gryp-huis gekry en hulle is saam na dié huis.

Die pastoor het die huis binnegestap en na die huismense geroep. Niemand het geantwoord nie. Toe hy uitstap, klap ’n haelgeweerskoot soos wat die rowers uit die huis vlug en word hy in die linkerbobeen getref.

Die gesinslede kon hulle intussen loswikkel.

Roelof het op sy pa se lyk “wat nog warm was”, buite die melkery afgekom. Hy is vermoedelik op slag dood van die skoot.

Sowat 21 koeëlgate is later oral in mure en vensters gevind. Die rowers, wat ook een van die gesin se honde doodgeslaan het, kon net R300 en vyf selfone buit.

Enkele dae voordat Van der Gryp jr. vermoor is, is mnr. Pieter de Villiers op sy 62ste verjaardag deur rowers gewond.

De Villiers is Sondagaand in sy regterbobeen en -hand geskiet toe rowers op sy vrou, Annie, sy buurman, Kenny, en dié se vrou, Arlene, toegeslaan het terwyl hulle de Villiers se verjaardag gevier het.

De Villiers se seun, Dawie (32), sê tussen vyf en agt rowers het Sondagaand omstreeks 20:00 oor die lae heining van hul kleinhoewe in die Sterkfontein-landbouhoewe-gebied gespring. Die huismense het onraad vermoed toe die hond geblaf het. Net daarna het die rowers toegeslaan en sy pa uit die huis gepluk en met ’n 9 mm-pistool in die been geskiet.

“Hy moes probeer keer, want twee van sy vingers is ook getref.”

Die rowers het die ander drie mense ook met pistole en die agterkant van ’n panga aangerand voordat hulle met die buurvrou se geld in haar handsak, sy pa se Nissan 1400-bakkie en ’n DVD-speler vort is. Die buurman het ’n sny aan sy kop opgedoen. Mev. de Villiers en haar man sterk albei in die Netcare Krugersdorp- private hospitaal aan. Mev. de Villiers se kopwond is met steke geheg en ’n staalpen moes in haar man se been ingeplant word.

Die geroofde bakkie is Maandag verlate in Tarlton gevind.

Read more...

’n Boer sukkel met ’n plan

10:43 PM Reporter: Verkenner 0 Responses
Marié Pieterse
“Tarlton is grensloos en draadloos. Ons het nie eens meer wrakke op die plase oor nie.”
So sê een van die moedelose boere, Neels Bouwer (49), oor die gebied wat deur die DA se woordvoerder vir veiligheid en sekuriteit, LP Diane Kohler Barnard, as die “Wilde Weste” bestempel word.
“Die misdadigers teiken die boeregemeenskap en dit wil voorkom asof hulle ongestraf bly,” sê Diane.
Vyftien boere van Tarlton het onlangs vergader en aan Wes-Beeld die omvang van hul skade verduidelik.
Dis veral die herhaalde diefstal van alle metaalprodukte – van hangdrade (droppers) en besproeiingswerktuie soos dompelpompe, boorgatpype, spilpunt-onderdele – tot koperkrane en kopergewigstukkies in die plastieksproeierkoppe wat dit vir hulle onmoontlik maak om hul groente en blomme te besproei.
Blomboer Hans van Aalst (45) sê die stutpale word onder sy blomme uitgesteel en dit vernietig sy blomoes.
Behalwe vir groente en vee word diesel uit die trekkers se brandstoftenks gesteel en sweis van die boere nou al hulle batterye aan die trekkers vas.
By Antonio Fernandes (68) is daar vroeër vandeesmaand twee nagte na mekaar twee besproeiingspompe ter waarde van R200 000 gesteel.
Volgens die boere word een sektorpolisievoertuig ingespan om die hele gebied te bedien en het Tarlton slegs ’n satelliet-polisiekantoor met beperkte ure.
Diane sê die DA beskou die toestand in ’n ernstige lig en die opskorting van die kommandostelsel het ’n vakuum gelaat wat nie deur die SAPD gevul is nie.
Die party vra dat ’n gespesialiseerde plattelandse veiligheidsafdeling onder die polisie gevestig word om te help om die probleem op te los en te verhoed dat die toestand verder agteruitgaan.
Amanda de Lange, voorsitter van die Krugersdorpse gemeenskapspolisiëringsforum, sê dit sou ideaal wees om so ’n veiligheidsafdeling te hê, maar ’n gebrek aan mannekrag maak dit onrealisties.
“Ons patrolleer met perde en voertuie, maar die Tarlton-polisiekantoor moet weer ’n volledige polisiekantoor word.”
Die polisiewoordvoerder van die Krugersdorpse polisiekantoor, kapt. Jacob Raboroko, sê hul kantoor het tien sektore en ’n sektorpolisiëringsvoertuig vir elke sektor.
Hy sê die polisie is saam met die provinsie aktief besig om elke dag padblokkades te hou om misdaad te bekamp. “ ’n Spesiale taakspan wat fleksietyd werk word ingespan om te help.”
Oor die bewering van die DA dat polisielede verdink word van kriminele aktiwiteite het hy gesê die polisie is nie daarvan bewus nie en as daar iemand is met sulke inligting moet hulle dit aan die polisie openbaar.

Read more...

Waarskuwing - N14

10:30 PM Reporter: Verkenner 0 Responses
Die N14 tussen Krugersdorp en Pretoria is nie 'n veilige pad nie. Dit het Mnr Gert Strydom van Krugersdorp ook agtergekom en het amper met sy lewe geboet.

Mnr Strydom was onderweg vanaf Krugersdorp op die N14, toe hy "oor iets" ry wat in die pad was. Hy het gestop om te kyk na die skade aan sy voertuig en is deur twee swart mans oorweldig. Die een het hom geskiet en hulle het hom beroof.

Hy is in die voertuig gelaai en na die naaste OTM geneem waar hy gedwing is om R2000-00 te ontrek. Hy is vasgebind en in sy motor se katebak gelaai.

Motoriste word gewaarsku om nie te stop indien daar versperings in die pad is nie, veral nie op die N14 nie.

Read more...

Drie ‘veiligheidswagte’ vas wat beroof

11:45 PM Reporter: Verkenner 0 Responses



Amanda Roestoff





Drie veiligheidswagte is die naweek in Chamdor buite Krugersdorp aan die Wes-Rand op heterdaad betrap waar hul glo besig was om hope staal en gietsel by ’n staalfabriek te roof.
Insp. Solomon Sibiya, polisiewoordvoerder, sê twee wagte van ADT-veiligheid is eergister omstreeks 20:30 in die veiligheidskantoor by die hoofhek van Steloy Casting oorval, terwyl ’n derde wag besig was om die perseel na te gaan.
Drie veiligheidswagte in soortgelyke uniforms en ’n gemerkte veiligheidsvoertuig het die twee wagte gedwing om hulle toegang tot die perseel te gee, voordat hulle ’n bakkie vol staal en gietsel gelaai het.
“Een van die rowers het toe weggery om die staal af te laai,” het Sibiya gesê.
Een van ADT-veiligheidswagte kon toe daarin slaag om die noodknoppie te druk.
“Toe die polisie opdaag, was twee van die rowers steeds binne die fabriek, terwyl die derde rower op pad was om vermoedelik ’n tweede vrag te laai.”
Die mans is net daar aangekeer.
Die totale vrag staal, waarvan die waarde en hoeveelheid onbekend is, is ’n paar kilometer verder in Tshepisong, naby die Leratong-hospitaal in Hoofrifweg buite Roodepoort, teruggevind.
Al drie mans sal na verwagting vandag in die Kagiso-landdroshof verskyn.
Dit was teen druktyd nog nie bekend of die verdagtes wel veiligheidswagte is nie.

Read more...

Groot kommer heers (oor misdaad)

12:13 AM Reporter: Verkenner 0 Responses
Hettiën Strauss
“Ons moet nie na strooihalms gryp nie, maar eerder deur ’n bekommerde bril kyk na die skokkende toename van tot 866% in gevalle van roof op sakepersele.”
Só sê Jaco Mulder, nasionale voorsitter van die nasionale burgerlike veiligheid- en sekuriteitsaksie (Nabuvsa), na die bekendstelling van die jongste misdaadsyfers van individuele polisiekantore in die Wes-Beeld gebied.
“Daar rus nou ’n groter verantwoordelikheid op plaaslike gemeenskapslede om na mekaar uit te reik om misdaad in hul onmiddellike omgewing te beveg.”
Dié syfers gee die vergelykbare aangemelde misdade vir April 2006 tot Maart 2007 en April 2007 tot Maart 2008.
Ondanks die statistiek dat Rosebank die veiligste woonbuurt is om in te woon, het die grootste toename in roof met verswarende omstandighede op sakepersele hier van drie tot 29 (866%) toegeneem.
Ander gebiede waar dié spesifieke misdaad gestyg het, is Roodepoort (300%) en Parkview (129%).
Dié syfer by dié kantore is aansienlik hoër as die landwye styging van 47,4%.
Ander misdade wat erg gestyg het, is huisrooftogte, dwelmverwante misdade of bestuur onder die invloed van drank of dwelms.
John Baisley, voorsitter van die Honeydew-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), sê ondanks die afname van 44% van roof op sakepersele met verswarende omstandighede, is dié gebied sewende op die land se algemene sakerooftoglys.
“Ons misdaadvlakke is buite beheer ondanks verskerpte polisieoptredes.
“Die stygings van 57% in moordpogings wys die uurglas het uitgeloop vir onbetrokke gemeenskapslede.”
Rdl. Kobus de Beer, infrastruktuur- en openbare veiligheidswoordvoerder van dieDA-portefeuljekomitee van die Mogale City-munisipaliteit wat binne die Krugerdorp-polisiegebied is, sê ten spyte van diepolisie se goeie arrestasies en die afname van die moordsyfer (40%), is die toename in huis- (43%) en sakerowe (57%) en moordpogings (41,37%) kommerwekkend.
“Ondanks die syfers, het baie sakelui van die Key West-winkelsentrum die afgelope tyd onder gewapende rooftogte deurgeloop. Drie was restaurante.”

Rdl. Willie van der Schyff, ANC-komiteelid: veiligheid en sekuriteit van die Johannesburgse metroraad en lid van die plaaslike Roodepoortse sakekamer, sê mense moet nie die invloed en styging (46%) van dwelmverwante misdade wat deur die hele plaaslike gemeenskapsfeer tot by skole en kerke dring, “onderskat” nie.
“Misdaadbestryding kan net verbeter met die totale samewerking van die hele plaaslike gemeenskap, polisie en wetstoepassingsagentskappe.
“Baie slagoffers is ouer mense in die gemeenskap.
“Dit het ook hoog tyd geword vir groter gemeenskapsbetrokkenheid van ouers by skole en plaaslike kerkgroepe.”

Read more...

Storm woed oor dié kaarte

12:20 AM Reporter: Verkenner 0 Responses
Amanda Roestoff
’n Herrie oor misbruikte kredietkaarte in die besit van die Mogale City-stadsraad se burgemeesterskomiteelede het losgebars toe sowat 15 DA-raadslede ’n stokkie daarvoor wou steek.
Die raad het in 2006 besluit om kredietkaarte aan burgemeesterskomiteelede uit te reik.
Die kaarte moes met amptelike en seremoniële uitgawes help en mag nooit vir persoonlike doeleindes aangewend word nie.
Die goedgekeurde kredietkaarte het ’n limiet van tussen R20 000 en R30 000 per burgemeesterskomiteelid, na gelang van die posisie of portefeulje se behoeftes, sê die DA.
’n Twis het ontstaan toe die ANC skielik ná twee jaar blykbaar beheermaatreëls wou instel om onnodige private uitgawes hok te slaan.
Die DA beweer hul versoek om sulke maatreëls in te stel, is in 2006 deur die ANC geïgnoreer.
Die party se versoek om finansiële state oor die beweerde misbruik te verkry, is deur die speaker geweier. Hierop het Andy Dott, DA-raadslid van Muldersdrift, glo beweer die kredietkaarte word misbruik.
Dennis Pretorius, hoofsweep van die DA in Krugersdorp aan die Wes-Rand en die party se finansiële woordvoerder, het aan Wes-Beeld gesê dat, toe Dott weier om die aanmerking terug te trek, hy gevra is om die raadsaal te verlaat. Al sy partygenote het hom toe gevolg.
Dott het volgens Pretorius die aanmerking gemaak nadat die party reeds twee jaar gelede state oor die uitgawes bekom het.
Volgens die DA het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) ook ’n ondersoek na die beweerde misbruik gedoen en bevind dat 90% van die uitgawes vir persoonlike doeleindes was.
Die skielike twis – wat etlike raadslede warm onder die kraag gelaat het – blyk vir eers opgelos te wees nadat ’n raadslid van die ANC ingestem het om die verslae aan die DA te verskaf.

Read more...

Tarlton heinings kwyt

12:05 AM Reporter: Verkenner 0 Responses
Francois Oosthuizen
Die Tarlton-renbaan buite Krugersdorp waar internasionale versnelrenne gehou word, gaan die afgelope twee jaar gebuk onder diefstal en saakbeskadiging wat miljoene rande beloop.
Kallie Greef, wat by die baan woon en verantwoordelik is vir die instandhouding van die infrastruktuur, sê hulle is moedeloos.
“Die helfte van ons tyd gaan verlore om die skade te herstel wat diewe en kwaaddoeners aangerig het.”
Volgens Kallie het die diefstal ongeveer twee jaar gelede begin. “Eers het hulle al die koperkabels vir die klankstelsel en spreiligte van sowat 1 200 m gesteel.”
Nadat die kabels vervang en met beton bedek is, het diewe begin om die kabels op die pawiljoene en teen die spreiligtorings te steel.
“Een aand het vandale die stuk veld by die veldfietsbaan aan die brand gesteek en die hele paviljoen afgebrand,” het Kallie gesê. Volgens die versekeringsmaatskappy is sowat R700 000 se skade aangerig.
“Ons groot probleem is nou die heinings en heiningpale wat gesteel word.”
Volgens hom is die diewe goed georganiseer en kan tot 1,8 km se draad en pale op ’n aand steel.
Volgens Amanda de Lange van die Tarlton-gemeenskapspolisiëringsforum is die diefstal van heinings en pale baie algemeen in dié omgewing.
“Die huidige prys vir ’n staal- heiningpaal is R38; dus is dit baie winsgewend vir die diewe.”
Nóg ’n probleem is die groot aantal skrootmetaalhandelaars in die Krugersdorp-omgewing. “Daar is eenvoudig te veel handelaars vir die polisie om elkeen te ondersoek as iemand ’n klag van diefstal lê.”
Boonop is daar ernstiger misdade waarop die polisie met hul beperkte hulpbronne moet fokus.
Amanda sê hulle wil die gemeenskap aanmoedig om betrokke te raak by buurtwagte.
“As daar genoeg inwoners is om die gebied te patrolleer, kan almal gemiddeld twee uur per aand diens doen.”
Kallie en boere in die omgewing het intussen begin om hulle heiningpale kenmerkend te verf.
“As die polisie nou by ’n skrootmetaalhandelaar kom en hulle kry ’n klomp rooi pale, kan hulle dit as Tarlton s’n uitken,” sê Kallie.
Kapt. Jacob Raboroko, polisiewoordvoerder, sê mense wat vermoed ’n skrootmetaalhandelaar koop gesteelde heinings en pale kan die polisie laat weet. Hulle sal dan by die betrokke skrootwerf gaan ondersoek instel.

Read more...

"Geheime" openbare vergadering.

9:56 AM Reporter: Verkenner 0 Responses
Op Dinsdag die 13de Mei 2008 het die stadsraad 'n openbare vergadering gehou in Wes-Krugersdorp by die Paul Kruger-saal. Dit het voor gekom as 'n geheime vergadering, aangesien die publiek nie in kennis gestel is van die vergadering nie.

Dit wil voorkom of een van die ANC se vennote in die stadsraad, die DA, wel kennis gedra het van die vergadering. Hulle raadslede het die voorste gestoeltes vol gesit.

Die doel van die vergadering was blykbaar om die publiek in te lig oor die begroting van die stadsraad. Hieruit het dit duidelik geword dat Krugersdorp die swaarste belas word deur die stadsraad en blykbaar ook die enigste dorp is wat wel betaal. Kagiso en Munsieville het klaarblyklik steeds 'n kultuur van wanbetaling.

Voor die vergadering het ek voorspel dat die burgermeester gaan verklaar dat die inwoners tevrede is met die stadsraad en daarom is daar nie baie mense by die vergadering nie. Dit is egter moeilik om vergaderings by te woon waarvan niemand weet nie. Hy het toe ook die uitlating gemaak.

Read more...

video

My Blog List